Local newsNews

‘Ek is positief’

Raé Liversage leef elke dag in akute pyn, maar is positief nadat sy 'n pulmololoog in Johannesburg besoek het.

Die pulmonoloog wat Raé Liversage in Johannesburg ondersoek het, het deur longfunksietoetse ‘matige aanhoudende asma wat in volwassenheid begin’ gediagnoseer en ‘n chroniese kortikosteroïedinhalator voorgeskryf om haar hiper-reaktiewe asemhalingskanale oop te maak en om die inflammasie van die lugweg onder beheer te hou.

“Hierdie kan voorkomend gebruik word.

“Ek het ook ‘n algemene nood-inhalator vir wanneer ek ‘n asma-sneller ervaar,” vertel Raé.

Die Herald het die eerste keer oor Raé se toestand berig toe ‘n vriendin ‘n “crowd-funding” rekening vir haar op Back-a-Buddy oopgemaak het en gevra het dat inwoners haar help om die regte diagnose te kry deur ‘n spesialis in Johannesburg te besoek.
Raé ervaar daaglikse akute pyn wat vermoedelik deur bilharzia in haar tienerjare veroorsaak is.

Raé beskryf die inhalator as haar lewensredder.

Die pulmoloog het tydens die besoek op 14 April aan haar gesê dat hy bekommerd is oor al haar ander simptome.

“Hy vermoed dat ek moontlik ‘n neurologiese toestand het soos ‘n vorm van epilepsie en het my verwys na ‘n neuroloog vir ‘n konsultasie, ‘n EEG en ‘n MRI.”

Hy het haar ook aangeraai om dadelik die epilepsiemedikasie wat deur ‘n plaaslike dokter aan haar voorgeskryf is te staak omdat dit gevaarlik is om dit te gebruik sonder die regte diagnose.

“Dit werk moontlik op die verkeerde gedeelte van my brein in en vererger dalk my toestand,” het sy aan die Herald gesê.

 

Die spesialis het aan haar medikasie voorgeskryf om haar kalm te hou.

“My neurologiese simptome word waarskynlik deur iets veroorsaak wat tot verhoogde breinfunksie lei.

“Maar ek is positief. Vandat ek die Vannair begin gebruik het, haal ek klaar bietjie makliker asem en ek glo ek gaan een van die dae weer voluit kan sing.

“Noudat ek weet wat ek makeer en hoe om my “chronic schistosomiasis “ en “persistent asthma” onder beheer te hou, is daar reeds ‘n massiewe gewig van my skouers af!

“Dis so verligtend, om weer bietjie meer energie te hê en om weer bietjie asem te haal.”

Raé sê die volgende stap is om die neuroloog te gaan sien.

“Ons is nog nie seker hoe ons daar gaan kom nie, maar ek glo voluit dat ons ‘n plan sal maak en dat ek een van die dae genees gaan wees.

“Ek sou nie al so ver gekom het sonder my familie, my vriende, en die pragtige gemeenskap van Tzaneen se hulp nie! “

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button