Local newsNews

Egpaar vertel hoe hulle geleer het om saam te werk

Families of getroude pare wat saam ‘n sakeonderneming bedryf, het baie uitdagings om te oorbrug.

Chantel van Rooyen (27) vertel dat toe sy en haar man Shanco (28) vyf maande gelede hul winkel, Cannabliss Smoke Studio in Tzaneen begin het, moes hulle leer om mekaar beter te verstaan.

“Maar ons het nou ‘n goeie ritme ontwikkel en wanneer daar oor iets besluit moet word waaroor ons verskil, sal ons kalm gaan sit en elkeen kry ‘n kans om die voor- en nadele van sy of haar standpunt uit te lig.”

Chantel is voltyds by die sakeonderneming betrokke terwyl Shanco vyf dae ‘n week vir ‘n bandemaatskappy verkoopswerk doen.

“Ek het vir agt jaar by die Moedergemeente op die dorp gewerk voordat ons die sprong geneem het om ‘n eie besigheid te begin.” Hulle winkel verkoop produkte wat van cannabis (CBD) gemaak is en gerig is op die gesondheidsvoordele van die cannabisplant.

Shanco verduidelik dit so: “Cannabidiol (CBD) is ‘n soort cannabinoïde, wat die chemikalieë is wat natuurlik in daggaplante voorkom. Alhoewel dit van daggaplante afkomstig is, skep CBD nie ‘n ‘hoë’ effek of enige vorm van dronkenskap nie. Dit word veroorsaak deur ‘n ander cannabinoïed, bekend as THC.”

Dit is hul doel om inwoners in die omgewing meer te leer oor die voordele wat cannabisprodukte inhou. Chantel vertel dat daar vele stories in die dorp rondgelê het nadat hulle hul winkel oopgemaak het. “Baie mense het gedink hulle kan hier kom dagga rook,” lag sy.

Also read: Two youngsters start their own water business

Aan die begin is hulle veral oorval deur nuuskierige skoolkinders, maar vandag is hulle klante almal tussen die ouderdomme van 30-50 jaar. “Dit is wonderlik om terugvoer te ontvang en te hoor hoe ons produkte hulle gehelp het om hul lewensgehalte te verbeter en gesondheidsprobleme aan te spreek.”

Hulle verkoop ook alle produkte wat met rook te doen het, vanaf ‘n mooi pyp as geskenk vir ‘n man tot vapes en vapeprodukte. Chantel lag as sy sê dat sy het self nooit gerook nie.

“Kort nadat ons die winkel geopen het, het ‘n klant ingekom ek moes ‘n vape aan hom verkoop. Hy het my iets daaroor gevra en omdat ek nie gerook het nie, kon ek hom nie antwoord nie. Ek het daarna begin om te vape en nou kan ek eerstehands my klante bedien.”

Ook het ‘n gegons oor hul winkel op sosiale media hulle nie van stryk gebring nie. “Ek het geweet dit gaan kontroversieel wees en het my weerhou om op kommentare te reageer. Gelukkig kon ons klante vinnig aan die kwaadstokers uitwys waaroor ons gaan,” vertel sy op hul keurige versierde perseel.

“Klante kan gemaklik voel wanneer hulle by ons instap, daar is niks snaaks nie.”

Also read: Hoedies String It artist is on the map

Maar uiteindelik is dit die goeie werkverhouding wat Chantel en Shanco kon vestig wat hul onderneming laat werk. “

Ons kompartementaliseer ons lewe. Tuis praat ons nie oor werk nie en bestee ons tyd saam met ons seuntjie.” Die Cannabliss Smoke Studio is in Windsorstraat geleë.

Kontak Chantel by 076 123 7346.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button