Editor's choiceLocal newsNews

GKSA en NGK weer opnuut susters

Samewerking tussen GKSA en NGK lok positiewe reaksie uit

SOOS een man het die broeders van die Gereformeerde Kerke van Suid Afrika (GKSA) hulle hande opgesteek vir samewerking by die GKSA se algemene sinode in Potchefstroom.

Alhoewel susterskerke vir die laaste 150 jaar, die Gereformeerde Kerk en die NG Kerk nie altyd noodwendig om dieselfde vuur gesit nie.

Dit is nou alles geskiedenis, met die goedkeuring van ‘n memorandum van samewerking tussen die NG Kerk en die GKSA, ‘n memorandum wat reeds in Augustus 2014 deur die NG Kerk se moderatuur goedgekeur is.

Hierdie is dieselfde ooreenkoms wat sowat drie jaar gelede tussen die NG Kerk en die Hervormde Kerk gesluit is.

Ds Edmund de Beer van die Gereformeerde Kerk in Tzaneen sê: ‘Ek is self ook dankbaar oor die besluit. Ek was teenwoordig toe dit geneem is en kan getuig van die goeie gees waarin dit geneem is. Dit is ‘n bevestiging van die mooi bande wat reeds op grondvlak bestaan.

‘Die besluit gaan waarskynlik nie veel verander aan die praktiese belewing van ons kerkwees nie, maar dit maak ons opnuut bewus van ons eenheid in ons Here Jesus Christus.’

Ds Chris Zietsman van die NG Moedergemeente het soos volg reageer: ”Natuurlik kan en behoort ons positief te wees wat betref kerkeenheid – veral ook gesien in die lig van die feit dat ons dieselfde wortels het.

‘Na alles is ons tog gereformeerd en deel ons dieselfde belydenisskrifte. Oor wesenlike dinge van die evangelie behoort ons in elk geval nie te verskil nie.

‘Persoonlik dink ek ook dat as ons histories gesproke heeltemal eerlik na die ontstaan van die drie susterskerke kyk, daar geen goeie rede is waarom ons drie moet wees nie. Maar jy sê tereg: ,, Dis nou geskiedenis…” Maar ek is opgewonde! Hoe meer ons eenheid vertoon in ‘n land waar te veel hul eie agendas bevorder, hoe kragtiger ons getuies.

‘Natuurlik het daar oor veel meer as ‘n eeu klem- en stylverskille ontstaan, en daarom moet mekaar se manier van dinge doen respekteer en sensitief wees daaroor. ( Bv. liedere, liturgie ens). Maar ook hier kan ons mekaar eerder verryk.’

Prof Nelus Niemandt, voorsitter van die NG Kerk se algemene sinode het gesê: “Dit is ‘n mylpaal om eenheid te bewerkstllig, dit is goed dat Afrikaanse kerke nou saamwerk.” Diè samewerking beteken dat die twee kerke nou mekaar se lidmate kan aanvaar op grond van goeie getuienis, kinders kan onderling gedoop word, lidmate kan by albei kerke nagmaal gebruik, en leraars kan selfs van mekaar se kansels af preek asook gesamtelike dienste hou. Die samewerking bly immers steeds onderworpe aan die plaaslike kerkrade.

 

Related Articles

Back to top button