Local newsNews

Nog maande voordat herstelwerk aan Eiland/Letsitele-pad sal kan begin

Die Eilandpad word nie net deur boere in die omgewing gebruik nie, maar toeriste wat die ATKV Eiland-oord besoek.

Dit gaan nog maande neem voordat werk aan die gehawende Eilandpad gaan begin.

Maropeng Manyathela van RAL (Road Agency Limpopo) het aan Herald gesê dat hulle in Maart ‘n tender gaan uitsit vir ‘n konsultant om ‘n bestekopname en ontwerp van die pad te doen.

“Na die aanstelling van die konsultant sal die proses nog ‘n verdere drie maande neem
vir die konsultant om sy werk te voltooi,” sê Manyathela.

Hierna sal ‘n ander tender vir die werklike konstruksie (implementering van die ontwerpe) van die pad geadverteer word vir die aanstelling van ‘n geskikte kontrakteur. Die omvang van die konsultant se assessering sal bepaal hoe lank dit sal duur om die pad te bou.

Hy sê die aanvanklike plan was om net die erg beskadigde 7,4 km van die pad te herstel, maar na die onlangse swaar reën is dit belangrik om die skade aan die hele geteerde gedeelte, wat ongeveer 30 km is, volledig te assesseer.

Related Articles

Back to top button