Local newsNewsLifestyle

Flink optrede fnuik aanval

Flink optrede deur die polisie het 'n plaasaanval gefnuik en die lewens gered van 'n bejaarde egpaar in die Deerpark omgewing.

Volgens polisie woordvoerder Luitenant Kolonel Moatshe Ngoepe het die polisie inligting gekry dat die plaas Donderdag geteiken gaan word.

Die inwoner, wat nie haar naam bekend wil maak nie, sĂȘ die polisie het hulle ongeveer 17:00 ingelig van die dreigende gevaar.

‘n Uur en ‘n half daarna het polisielede opgedaag en begin voorbereiding tref.

Hulle het stelling ingeneem in die tuin en gewag. Rondom 19:00 het vyf verdagtes die erf betree.

Kort daarna het ‘n skietery tussen die polisie en verdagtes uitgebreek. “Die geluid van die skote was verskriklik,” sĂȘ die inwoner.

Niemand is beseer in die skietery nie en die verdagtes het gevlug.

In ‘n era waar negatiwiteit die polisie en hulle optrede omhul wil die inwoner die fokus plaas op hul puik optrede tydens die voorval.

Sy spreek haar innige dank uit aan die polisie, die plaaswag en die informant wat dit moontlik gemaak het om die aanval te keer. Sy kan nie uitgepraat raak oor die polisie se optrede en hoe mooi hulle behandel is nie.

Die polisie se flink optrede het verhoed dat ‘n tragedie homself afspeel.

Te danke aan hul informant kon hul selfs voor die tyd die voertuie wat tydens die aanval gebruik gaan word, identifiseer.

Die polisie het die volgende dag heeldag by die egpaar spandeer om hul veiligheid te verseker.

Ngoepe sĂȘ dat polisie ondersoeke nog voortduur en enigiemand met inligting wat verband hou met die voorval word gevra om Kolonel James Espach te skakel by 082 451 7169.

Related Articles

Back to top button