Local newsNews

Hervestiging van renosters op koers

Die Raad van Die Suid Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) het na afloop van hulle interne vergadering hierdie week aangekondig dat die eerste fase van die renoster hervestigings program 'n reuse sukses was.

In terme van die projek in geheel word ‘n aantal hoeveelheid renosters hervestig buite stroop rooi-areas, hetsy binne die Park of na ander reservate toe.

Die fokus van die eerste fase van die hervestiging was om renosters na areas binne die Park toe te verskuif wat nie hoë vlakke van stroop aktiwiteit beleef het nie sowel as areas waar meer manne krag en tegnologie beskikbaar is vir beskerming.

‘n Totaal van 29 renosters is gedurende Oktober en November verskuif waarvan 17 toegerus is met GPS toestelle.

Moniteering van die 17 wys dat die renosters reeds aangepas het in hulle nuwe areas en dat nog geen een van hulle gestroop is nie.

Volgens Mr Kuseni Dlamini, voorsitter van die SANParke raad, vorm die hervestiging van renosters net een deel van ‘n multi faset teen-stroop aksie plan.

Hy het ook bygevoeg “Die vang en hervestiging het afgeloop sonder enige probleme.”

Deel van die projek is dat renosters verhuis word na ander Nationale Parke in die land waar beter sekuriteit gebied kan word. Dit is ‘n aaneenlopende projek wat gedurende 2015 nog talle renosters sal sien hervestig word.

Die doel is om renosters in veilige areas te integreer en sodoende die populasie weer ‘n hupstoot te gee.

Ook deel van die program is die verkoop van renosters aan privaat eienaars. Dit is ‘n proses waar renosters op privaat grond beter kan beskerm word en sodoende dan ook die populasie groei op ‘n verskeidenheid plekke aan te moedig. Vir privaat eienaars om ‘n renoster te kan koop word daar deeglike ondersoek deur SANParke gedoen om te kyk of die sekuriteit en habitat aan al die vereistes voldoen.

Related Articles

Back to top button