Editor's noteOpinion

Slaagsyfer vir leerders verhoog

DIE departement van basiese onderwys het amptelik aangekondig dat die slaagvereistes van graad 7 tot 9 Hoërskool leerders gaan verhoog.

Die besluit kom nadat die departement gehalte van onderwys wil verhoog.

Leerders sal voortaan agt van hulle nege vakke moet slaag, waar dit verledejaar slegs sewe was.

50% slaagsyfer sal voortaan die vereiste moet wees vir ‘n huistaal en nie 40% soos in 2013 nie en 40% eerste addisionele taal en nie 30% soos in die verlede nie.

Kondonering word ook nie vanjaar aanvaar nie. Dit is waar ‘n leerder slaag as die punt net onder die slaagsyfer is.

Dit is die stap in die regte rigting voel Paul Colditz, voorsitter van die federasie van beheerligame van Suid Afrikaanse skole..

Baie voel egter dat die tydsbereking verkeerd is.

Ons is van mening dat dit kinders wat slap lê, nou sal dwing om harder skouer aan die wiel te sit en dat ‘n belaglike 30% nie aanvaarbaar is nie. Hulle is immers in die skool om te LEER!

Jare terug was die vereiste vir alle vakke 50% om te slaag, en was leerlinge gedwing om te studeer. Dit maak jou egter net ryp vir jou tersiêre studies sou jy verder gaan studeer.

‘Dit is ‘n baie goeie ding, maar hoe hulle dit gaan toepas weet ek nie,’ het ‘n persoon betrokke by onderwys in Tzaneen aan die Herald gesê.

Bietjie minder sosiale media soos, die Internet, Facebook, Whats Up, BBM en al daardie ander euwels in die palms van ons kinders se hande op ‘n daaglikse basis sal vir eers maar weggesit moet word.

Die boodskap is duidelik, dit is skouer aan die wiel sit om die wa deur die drif te trek na hulle volgende graad toe. Of rooi gesig die volgende jaar hulle grade moet herhaal.

Dit gesê, ‘n boodskap aan al die leerders in die grade, wat hulle heel moontlik sal verstaan: jul btr studeer of jul gn pluk!

Related Articles

Back to top button