LettersOpinion

Boere help nood verlig

Anoniem van Letsitele, skryf: Ek wil graag met ‘n blye hart sê dat na die plasing van ons vorige brief rakende die Letsitele boere wat met ruim harte bydra tot die SAVF Voedingsnood, en die versoek dat indien daar nog boere betrokke wil raak, het daar nog boere betrokke geraak. Ons voertuig word weekliks tot …

Anoniem van Letsitele, skryf:

Ek wil graag met ‘n blye hart sê dat na die plasing van ons vorige brief rakende die Letsitele boere wat met ruim harte bydra tot die SAVF Voedingsnood, en die versoek dat indien daar nog boere betrokke wil raak, het daar nog boere betrokke geraak.

Ons voertuig word weekliks tot oorlopens toe gelaai met vars produkte wat by die SAVF se kantore afgelewer word.

Graag wil ek Letaba Herald bedank nie net vir jul bereidwilligheid om lesers bewus te maak van die nood nie, maar ook die feit dat jul bereid is om die weldoeners/donateurs te bedank in u uitgawe. Ek heg ‘n foto aan van hierdie week se skenkings om die publiek ‘n idée te gee van die wonderlike bydraes wat ons weekliks ontvang en kan aflewer by SAVF se kantore. Graag wil ek die donateurs weer eens bedank.

Daar is eintlik nie woorde wat kan beskryf hoe dankbaar ons is vir hierdie bydraes wat weekliks inkom, wat verligting bring vir soveel gesinne nie.

Related Articles

Back to top button