Local newsNews

Oom Henk Vorster van Vors-cor Recycling in Tzaneen sterf

Hy was verskeie tale magtig en mense het graag by die skrootwerf gekuier en 'n geselsie aangeknoop.

‘n Geliefde inwoner van Tzaneen, oom Henk Vorster (68), een van die mede-eienaars van Vors-cor Recycling, is vanoggend, 6 Mei, oorlede.

 

Vors-cor Recycling is een van die bekendste skrootwerfondernemings in Tzaneen.

 

Die familie sê oom Henk het van kliënte goeie vriende gemaak omdat hy verskeie tale magtig was en mense vinnig en maklik aanklank by hom gevind het, ongeag ras of kleur. “Mense het naderhand nie meer net na die skrootwerf gekom om ‘n vinnige geldjie te maak nie, maar ook om oom Henk raad te vra omdat hy oor ‘n wye algemene kennis beskik het.”

 

“Hy was ‘n nederige mens, met n goeie hart en het enigiemand gehelp waar hy kon. Soveel mense ken hom omdat hy altyd op sy pos was. Mense kon ure lank na hom sit en luister wanneer hy verduidelik het hoe om iets te doen, of raad te gee, vanaf die skrootwerfbedryf tot konstruksie.”

 

Hy laat sy vrou, Corrie Vorster, en dogter Cordelia Vorster (mede-eienaar van Vors-cor Recycling), agter.

 

Begrafnisreëlings is nog nie bekend nie, vriende en familie sal in kennis gestel word.

Related Articles

Back to top button