Local newsNewsSchools

Kleuters geniet kamp

DIE pa en seun kamp van SAVF Kleuterskool Tzaneen het op 24/25 Oktober op die kampterrein van Westfalia plaasgevind.

DIE pa en seun kamp van SAVF Kleuterskool Tzaneen het op 24/25 Oktober op die kampterrein van Westfalia plaasgevind.

Die seuns sien jaarliks uit na die geleentheid en dit is ongelooflik om te ervaar hoe belangrik dié dag vir die jong ‘manne’ en hul pa’s geword het. Vanjaar was geen uitsondering nie en Vrydagmiddag is daar gewoel, gewerskaf en gekap terwyl die tente opgeslaan word.

Daar is die aand vleis gebraai en om die kampvuur gekuier. Van die jong ‘manne’ was baie verlig om uit te vind dat die aand se aktiwiteit ‘n skattejag en nie ‘n kattejag was nie. Saterdagoggend vroeg was almal weer aan die gang en die pa’s moes bont staan om by te hou.

Daar is teiken geskiet en met kaskarre gejaag. Soos elke jaar was die kamp te gou verby en begin die ‘manne’ reeds die slapies aftel tot volgende keer.

Die volgende borge word bedank: Ryall Group, Beerseun Boerdery, BEC Konstruksie, Thomas & Swanepoel, Vixtrix Signs, Lannie Motors, Letaba Panel Beaters, Supa Quick, HiQ, Pam Goulding, Mahela Boerdery, Marana Drankwinkel Jean Marais, Mati Irrigation, NG Kerk Letsitele, Houers Kooperasie, Sugar Loaf/Hill, Miami Canners, Venbeck, Hans merensky Bosbou, Build It Tzaneen, Sasko, Lomards Uiterusters, Allergrain, BB Motors Parte, GPL Verspreiders, Visagie Saagmeule, Forms Media en Westfalia.

Related Articles

Back to top button