CrimeEditor's choiceLocal newsNews

Renosters wreed afgemaai vir hul horings

*WAARSKUWING: Grafiese beeldmateriaal verskyn onder-aan die berig. Nie vir sensitiewe lesers.

‘n Renosterkoei en haar kalfie is Vrydagaand wreed doodgemaak op ‘n plaas in die Ofcolaco omgewing.

Die koei is vermoedelik eers geskiet waarna albei met pangas gekap is. Volgens die eienaar, wie se naam op versoek weerhou word, is beide renosters se horings afgesaag.

Daar is die volgende oggend op die afgryslike toneel afgekom nadat die kalfie se aanhoudende geskree aandag getrek het.

Die koei was teen daardie tyd reeds dood. Die kalf moes van kant gemaak word weens die omvang van sy beserings.

Polisie was op die toneel en die voorval word ondersoek.

Plaaseienaars in die omgewing bied ‘n beloning van R100 000 vir inligting wat lei tot die inhegtenisname van die skuldiges.

Enigiemand met inligting kan Willie Coetzee skakel by 082 675 7071.

Related Articles

Back to top button