CrimeLocal newsNews

Kampman sterk aan na plaasaanval met panga

DIE verdagtes wat Willem Kampman Vrydagaand aangeval het is nog steeds op vrye voet. Kampman is in ‘n stabiele toestand nadat hy Vrydagaand, 31 Oktober herhaaldelik met ‘n panga op ‘n plaas aangeval is. Die aanval het volgens inliging op ‘n plaas net voor Sekgopo anderkant Mooketsi plaasgevind. Volgens Marius Jacobs van Northern Sekuriteit het …

DIE verdagtes wat Willem Kampman Vrydagaand aangeval het is nog steeds op vrye voet.

Kampman is in ‘n stabiele toestand nadat hy Vrydagaand, 31 Oktober herhaaldelik met ‘n panga op ‘n plaas aangeval is.

Die aanval het volgens inliging op ‘n plaas net voor Sekgopo anderkant Mooketsi plaasgevind.

Volgens Marius Jacobs van Northern Sekuriteit het twee verdagtes die plaas betree.

Hulle het toegang tot die huis gekry en Kampman met ‘n panga aangerand.

Hy het ernstige kopwonde opgedoen.

Die verdagtes het glo kos uit die yskas gesteel, asook ‘n mes en ‘n klein byl geroof.

Sy vrou het twee waarskuwings skote met ‘n vuurwapen deur die slaapkamer venster gevuur, en die rowers het laat spaander.

ER24 sowel as die polisie was op die toneel.

Letaba Herald het die nuus Saterdagoggend op ons webtuiste gebreek, en daar was wye reaksie.

Sien kommentaar elders.

Kampman is in die hospitaal opgeneem maar is reeds ontslaan en sterk tans by die huis aan.

Jacobs waarsku die gemeenskap om vensters en deure te sluit.

Waardevolle besittings soos selfone en beursies moet ook nie in voertuie gelaat word nie.

Die feesseisoen is op ons, en dit is gewoonlik gedurende hierdie tyd van die jaar dat misdaad toeneem.

Wees bedag.

Related Articles

One Comment

  1. Of dit nou in die stad, op die dorp of die plaas is, ons is almal teikens en geiselaars van die wreedaardigste, primitiefste en mees gewetenlose misdadadigers op die planet.

Back to top button