Local newsNews

TZANEEN: Einde van era toe DVD-winkel sluit

Meeste inwoners van Tzaneen onthou 'n tyd toe jy 'n fliek by Movies@Home kon gaan huur.

Met die aanvang webfliekkanale en bekostigbare wifi, het die einde van die DVD-era aangebreek.

Movies@Home was eens op ‘n tyd dié plek waar Tzaneeners hul naweek fliekvermaak kon uitkies.

Maar helaas, einde verlede maand moes die winkel ook die knie buig onder die druk van verandering.

Bobbie de Jager en haar man, Johan, het die sakeonderneming ses jaar gelede gekoop toe hulle van die Vrystaat Tzaneen toe verhuis het waar hulle ook ‘n DVD-winkel bedryf het.

“Ons ken die bedryf baie goed en my hart is baie seer oor die sluiting van die winkel. Ek is veral hartseer oor die mense wat nou sonder werk sit,” sê Bobbie.
Sy sê toe sy een van haar twee verskaffers laat weet het dat hulle sluit, het dié net gesug en gesê, ‘nog ene wat sluit’.

Hulle het ongeveer twee jaar gelede begin agterkom dat mense se gebruikpatrone begin verander. “Ons het nog aangehou maar moes eintlik toe al die winkel gesluit het.”

Om hul inkomste in die winkel aan te vul het hulle ook begin roomyse verkoop. “Hiermee gaan ons voort,” sê sy.

Hulle het oor 2500 DVD’s beskik waarvan sy sowat 1000 oor het. Die res is almal tydens ‘n uitverkoping verkoop.

Van haar eie gunstelinge tel Bohemian & Rhapsody, Slumdog Millionnaire, Mama Mia en The Green Mile.

“Maar aksie- en rillerflieks was deur die jare beslis die gewildste,” sê sy.

Inwoners wat nog belang stel om DVD’s te koop of roomyse te bestel, kan haar skakel by 060 508 0404.

Related Articles

Back to top button