NewsSchools

Vossies dans saam met Edge

Vir die afgelope twee maande oefen 'n paar Ben Vorster leerlinge baie hard. Hulle het reeds hul slag gewys met Ben Vorster se eerste Oud Vossie kultuuraand waar hulle drie van die Vossie sangers se musiek gemaak het asook hul eie boeremusiek nommer en natuurlik 'n drom solo of twee.

VIR die afgelope twee maande oefen ‘n paar Ben Vorster leerlinge baie hard.

Hulle het reeds hul slag gewys met Ben Vorster se eerste Oud Vossie kultuuraand waar hulle drie van die Vossie sangers se musiek gemaak het asook hul eie boeremusiek nommer en natuurlik ‘n drom solo of twee.

Hulle was genooi om Vrydag aand, 17 Oktober, die gaste van Cornie du Toit op sy 50ste verjaarsdag te vermaak en hulle het defnitief nie teleurgestel nie.

Niemand kon stil sit nie en die gaste het hul voete deurgedans op die Vossie Edge se klanke.

Danksy die aand kan Edge hul instrumente aanvul en ‘n paar noodsaaklike artikels aanskaf.

‘Baie dankie aan Cornie en Patys du Toit vir die geleentheid.’

Moet nie die groep misloop as hulle weer optree nie.

Related Articles

Back to top button