School sportSport

Vossies is Lim kampioene

DIE rugby Beeldtrofee 7's is hierdie jaar aangebied deur die Blou Bulle by die Hoërskool Menlopark. Die 0/15-spanne wat deelgeneem het, is: Hoërskool Oos Moot, E.G. Jansen, Middelburg, Monument, Wonderboom, Hans Strijdom, Sasolburg, Waterkloof, HTS Middelburg, Tuine, Menlopark, Bastion, Zwartkop, Kemptonpark, Ben Vorster en Helpmekaar. (12 makro skole en 4 groot skole)

DIE rugby Beeldtrofee 7’s is hierdie jaar aangebied deur die Blou Bulle by die Hoërskool Menlopark. Die 0/15-spanne wat deelgeneem het, is: Hoërskool Oos Moot, E.G. Jansen, Middelburg, Monument, Wonderboom, Hans Strijdom, Sasolburg, Waterkloof, HTS Middelburg, Tuine, Menlopark, Bastion, Zwartkop, Kemptonpark, Ben Vorster en Helpmekaar. (12 makro skole en 4 groot skole)

Die Hoërskool Ben Vorster se 0/15-span het deurgedring na die beker semi-finale en het verloor teen HTS Middelburg, 0 – 5.

Die 0/17-spanne wat deelgeneem het, is:

Hoërskool Garsfontein, Anker, Middelburg, Hans Strijdom, Monument, Montana, Hans Moore, EG Jansen, Volkskool Heidelberg, Ben Vorster, Oos Moot, Helpmekaar, HTS Middelburg, Menlopark, Waterkloof en Bastion. (11 makro skole en 5 groot skole).

Die 0/17-span van die Hoërskool Ben Vorster het 5 – 7 verloor teen Helpmekaar in hulle “pool” wedstryde en afgeskuif na die Plaatkompetisie uitspele waarna hulle deur die Hoërskool Anker uitgeskakel is.

Die Vossies is trots daarop dat beide 7’s-spanne geëindig het onder die top 10- Noordvaal skole.

Die Hoërskool Ben Vorster bedank graag die volgende borge, want sonder hulle sou geen toernooi hierdie jaar moontlik gewees het nie.

0/17A-span: Lannie Motors, Paul du Toit.

0/16A-span: Laeveld Case en Implemente, Renier Reyneke

0/15A-span: On Tap Tzaneen, Jandré Haar.

Die Vossies wens ook die 0/16-span, wat saam met die 0/15- en 0/17-spanne Limpopo kampioene is vir 2014, sterkte toe vir hulle nasionale toernooi aan die einde van die jaar in Pretoria.

‘n Woord van opregte dank en waardering ook aan al hierdie spanne se afrigtingspanbesture, ouers, ondersteuners, die skool — vir reëlings en die geleentheid — en die Skepper vir talente en geleenthede. Mag Vossie 7’s in 2015 nog hoër hoogtes bereik.

Related Articles

Back to top button