Local newsNews

TZANEEN: Sakekamer soek nominasies

Skryf jou gunsteling besigheid of sakeman in vir die jaarlikse Prestige-toekennings van die Tzaneen Sakekamer.

Die Tzaneen Sakekamer se jaarlikse Prestige-toekenningsgeleentheid word volgende Vrydag op 13 Maart 2020 aangebied.

Inwoners wat sakeondernemings wil nomineer kan nominasievorms by die kantoorbestuurder van die sakekamer, Diana Lewis, kry.

 

Haar kontakbesonderhede is 083 280 97 23 of e-pos by admin@tzaneenchamber.org.za. Die nominasies moet teen Maandag 9 Maart by haar ingedien word.

Tydens die geleentheid word erkenning gegee aan presteerders in die gemeenskap waarvan die Sakepersoon van die Jaar-toekenning, die mees gesogte toekenning is.

Inwoners word uitgenooi om persone, sakelui en sakeondernemings in die volgende kategorieë te nomineer.

– Uitstaande diens gelewer aan die gemeenskap
– Uitstekende Kliëntediens
– Openbare Amptenaar van die Jaar
– Sekretaresse of Ontvangsdame van die Jaar
– Bestuurder van die Jaar
– Opkomende Entrepreneur van die Jaar
– Vriendelikste Besigheid van die Jaar
– Sakepersoon van die Jaar

Die Prestige-geleentheid vind op 13 Maart by Hotel@Tzaneen om 12:00 plaas en kos R120 per persoon. Besprekings kan by Lewis gemaak word.

Related Articles

Back to top button