CrimeEditor's choiceLocal newsNews

Ben Vorster onderwyseres en seuns aangeval op plaas

‘n SINDIKAAT is vasgetrek na die dapper optrede van twee broers en die flinke optrede van die polisie en Northern sekuriteit. Northern Sekuriteit het Maandag omstreeks 13:51 ‘n noodoproep ontvang van ‘n plaas in  Georges Valley. Die polisie was ook ontbied. Die oproep het gekom nadat die twee Lourens boeties, Lourens en Coenraad ‘n gewapende …

‘n SINDIKAAT is vasgetrek na die dapper optrede van twee broers en die flinke optrede van die polisie en Northern sekuriteit.

Northern Sekuriteit het Maandag omstreeks 13:51 ‘n noodoproep ontvang van ‘n plaas in  Georges Valley.

Die polisie was ook ontbied.

Die oproep het gekom nadat die twee Lourens boeties, Lourens en Coenraad ‘n gewapende huisrower oorrompel en teen ‘n paal vasgebind op die plaas.

Hulle ma, Estelle van Deventer, ‘n onderwyser van die Hoërskool Ben Vorster en die twee seuns was alleen by die huis tydens die voorval.

Volgens Northern Sekuriteit se gewapende reaksie lid, Marius Jacobs het die rower (27) met ‘n haelgeweer die huis betree.

‘Hy het die loop van die geweer in Lourens se gesig gedruk en gesê ‘I am trained,” vertel Jacobs.

Coenraad het van agter gekom en probeer om die wapen af te neem.

‘n Struweling het tussen die drie ontstaan.

In die stoei proses het twee skote afgegaan waarvan een die muur in is en die ander koeël die dak getref het.

‘Die koeël is tussen my en Lourens deur die muur in, die Here het ons mooi opgepas,’ sê Estelle.

Die seuns het die rower ontwapen, aan ‘n paal vasgebind en toe hulp ontbied.

‘Die polisie was wonderlik. Hier was seker 10 polisie voertuie op die werf,’ vertel sy.

‘Ons is baie dankbaar, as mens dink wat kon gebeur het. Ons is dankbaar dat die kinders nie seergekry het nie.’

 

vlcsnap-2014-10-08-13h31m08s181

Nadat die polisie die rower geboei en in die vangwa gesit is het hy arrogant en emosieloos gebieg dat hy vroeër die dag ‘n plaaswerker in Agatha geskiet het.

By die vangwa staan ‘n polisie lid en ‘m lid van taktiese reaksie.

 

Volgens Marius is die oorsaak van die aanval onbekend maar roof is nie uitgesluit nie.

‘Die plaaswerker se been gaan moontlik geamputeur word,’ vertel Jacobs.

Die rower het verder gebieg dat hy ook op dieselfde dag (Maandag) ‘n sussie van ‘n polisie kolonel gekaap het. Hy haar glo beveel om in die rigting van Haenerstburg te ry.

‘Sy was baie braaf om nie na hom te luister nie en sy het in Georges Valley se rigting gery, en ongeveer 2km opgery met die pad. Sy het die motor van die pad laat loop en die stuurwiel is gesluit. Die rower het laat spaander in die rigting van die Van Deventers se plaas.

Die rower het ook verder glo emosieloos en sonder gevoel gesê dat hy verantwoordelik was vir ‘n verkragting in Agatha, ‘n inbraak verlede week in dieselfde omgewing waar hy ‘n haelgeweer gesteel het, die roof van ‘n bakkie op Deerpark en ‘n roof in Gyiani.

Jacobs vertel dat hy Maandag aand omstreeks 19:00 ‘n oproep gekry het en meegedeel is dat nog drie van die rowers se makkers in Danvillage inhegtenis geneem is en daar op ‘n jaggeweer beslag gelê is. Die polisie se goeie opvolg werk het goeie resultate opgelewer.

Dit is ‘n veer in die hoed vir beide Northern Sekuriteit sowel as die polisie, vir hulle flinke optrede wat ‘n moontlike tragedie kon afweer.

Die brawe twee Van Deventer boeties kan ook vir hulself ‘n klop op die skouer gee.

Related Articles

2 Comments

  1. What does it say ? The important news is forever in afrikants . how must we know whats going on ?

Back to top button