NewsSchools

Plasie opgeneem in Limpopo-span

Hierdie toernooi word as die grootste provinsiale kriekettoernooi in Suid-Afrika beskou.

Gerhardus Fourie, ‘n graad 11-leerder en hoofseun van Hoërskool Merensky, is opgeneem in die Limpopo-span wat van 13 tot 15 September op Senwes Park in Potchefstroom aan die Krieket Suid-Afrika T20 interprovinsiale toernooi gaan deelneem.

Hierdie toernooi word as die grootste provinsiale kriekettoernooi in Suid-Afrika beskou.

Limpopo sal teen Mpumalanga, Grens, Noordwes en die Westelike Provinsie kragte meet.

Fourie is ook onlangs ingesluit by die Krieket Suid-Afrika TAP (Talent Acceleration Programme) O/19-span wat by die St David’s Festival in Johannesburg deelgeneem het.

Related Articles

Back to top button