EntertainmentLifestyle

WOV tweede op skou

Wolkberg Orgidee Vereniging behaal 'n tweedeplek tydens die Wêreld Orgideë Skou wat onlangs in Johannesburg gehou is

TZANEEN se naam is hoog gehou tydens die Wêreld Orgidieë Skou en Konferensie wat onlangs in Johannesburg plaasgevind het.

Behalwe vir die menigte individuele pryse wat verower is, het die Wolkberg Orgideë Vereniging (WOV) se uitstalling tweedeplek behaal met die tema ‘Gold in the Green Age’. Die fokus van vanjaar se skou was om so omgewingsvriendlik as moontlik te wees en die WOV se stalletjie het beslis hieraan voldoen.

Francois Vorster het vier eersteplekke en ‘n goue medalje verower met sy plant, die Angulocaste Olympus of  ‘Honey’. Die plant is ook aangewys as die beste plant op skou.

Hendra Gouws het ‘n algehele tweedeplek behaal. Sy sê orgidieë is nie maklik om mee te werk nie, maar het ongelooflik baie potensiaal en hou baie goed sonder water. Hul uitsonderlike kleure bied ook eindelose moontlikhede. Dit is bewys deur ‘n ontwerper by die skou wat twee rokke uit vars orgideë gemaak het.

Willem Cloete het eersteplek in die blomme rangskikkings afdeling verower met sy unieke skepping. Theo van Wyk en Basie Joubert het eerste- en tweedeplek onderskeidelik behaal in die fotografie afdeling.

Nog presteerders van Tzaneen was Wally Steenkamp, Dean Roos, Sarel en Marietha Spies asook George en Ramona Short.

 

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button