InternationalSport

TZANEEN: Gimnaste skitter tydens SA’s en lewer kampioen

Sy het almal op hul voete gedwing toe sy weggestap het met ‘n algehele eerste plek en goue medalje met haar foutlose bal en “free dance” roetines.

Plaaslike gimnaste skitter by SA Noord-Zone Kampioenskappe!

Infinite Gymnastics het vroeër hierdie jaar hul deure vir die eerste keer geopen en het reeds hul eerste SA Noord-Zone Kampioen opgelewer!

Meer as 630 gimnaste van verskeie provinsies het by Kliprivierberg Ontspanningsentrum in Kibler Park, Gauteng deelgeneem by die jaarlikse SuidAfrikaanse Noord-Zone Kampioenskappe vir vlak 1 – 3 ritmiese gimnaste.

 

Milan Ferreira van Laerskool Tzaneen het Limpopo verteenwoordig in die vlak 3 kategorie.

Sy het almal op hul voete gedwing toe sy weggestap het met ‘n algehele eerste plek en goue medalje met haar foutlose bal en “free dance” roetines.

LEES: TZANEEN: JC stap die ekstra myl en herlaai vertroue

Nie alleen het Milan haar ondersteuners en afrigter, Ezri Hugo, in trane gehad nie maar het sy ook daarin geslaag om stof in die oë van gimnaste van die beste klubs in SA te skop!

Hiermee het sy bewys dat haar talent en harde werk haar ‘n krag maak waarmee daar gereken moet word!

Nog ‘n gimnas van Infinite Gymnastics, Soria Meyer ‘n graad 1 leerder aan Laerskool Dr Anneke, het ook Limpopo verteenwoordig by dieselfde kompetisie.

Soria het haarself oortref toe sy ‘n silwer medalje in die vlak 1 kategorie ingepalm het.

“Ons is ongelooflik trots op hierdie twee jong gimnaste en weet dat hulle nog hoër hoogtes in die toekoms gaan bereik,” sê die afrigters.

Related Articles

Back to top button