Editor's choiceGalleriesSchools galleries

GALLERY: Larries se titaniese stryd teen die manne van Oos

Dit was weer tyd vir die jaarlikse rugby liga kragmeting tussen Laerskool Tzaneen en Laerskool Pietersburg-Oos verlede Donderdag 23 Mei op die Larries se tuisveld.

Die middag het afgeskop met die jong O/9 manne wat mekaar aangevat het.

Aanskoulike hardloop rugby is gespeel en die manne van Oos het gewys dat die uurlange busrit oor die berg geen invloed gaan hê nie.

Die besoekers se A span wen 5-50 en die B span wen 0-40. Die o.10 seuns het ‘n klipharde wedstryd gespeel met groot duikslae en sterk lopies. Oos se A-span wen 5-25 en die B-span 7-41.

Die o.11 wedstryd was sekerlik die aanskoulikste van die dag, met albei spanne wat alles op die veld gelos het, maar weereens was dit die manne van Oos wat as oorwinnaars uit die stryd getree het. Die A-span wen 5-7 en die B-span 5-29.

Die ouer manne het gewys hoekom dit so groot dag was en het ‘n goeie voorbeeld gestel van hoe om rugby te speel.

Die 2e en 3e spanne van die Larries het gewys hoekom hulle as van die beste spanne in die provinsie geag word. Die 2e span wen 19-15 en die 3e span 19-7.

Die hoofwedstryd was ‘n tentoonstelling van slim taktiese spel en vaardighede.

Oos het gewys waarom almal van hulle praat en het die Larries afgestof, maar nie sonder ‘n goeie terugvegpoging van die Larries se seniorspanne nie. Oos beklink die wedstryd met ‘n telling van 38-21. Rugby het beslis geseëvier met die wedstryde wat in goeie gees gespeel is.

Die Larries sien met verwagting daarna uit om die manne van Oos weer in die toekoms aan te pak.

*Fotos: Bertus de Bruyn

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button