Local newsNews

Damwal word nie verhoog

DIE verhoging van die Tzaneen damwal is op ys. Lede van Agri Letaba is verlede Woensdag tydens hulle vergadering ingelig dat die damwal projek tydelik gestaak is. Volgens Andre Venter van die Letaba Waterverbruikers vereninging het hy terugvoer ontvang dat die Departement van Waterwese en Sanitasie saamgesmelt het. Daar is nou glo ‘n moratorium geplaas …

DIE verhoging van die Tzaneen damwal is op ys.

Lede van Agri Letaba is verlede Woensdag tydens hulle vergadering ingelig dat die damwal projek tydelik gestaak is.

Volgens Andre Venter van die Letaba Waterverbruikers vereninging het hy terugvoer ontvang dat die Departement van Waterwese en Sanitasie saamgesmelt het. Daar is nou glo ‘n moratorium geplaas op die aanstelling vir vakante poste. Die aanvangs datum vir die begin van die konstruksie en oprigting van die kruinsluise van die Tzaneen damwal is al meermale aangeskuif.

Die rede wat nou aangevoer word is dat die verskuiwing van bestaande personeel van die twee departemente eers afgehandel moet word, alvorens nuwe aanstellings gedoen sal word.

Letaba Herald het reeds in 2012 berig dat die minister van waterwese, Edna Molewa die projek goedgekeur het.

Intussen het ons ook berig dat die Nwamitwadam projek goedkeuring gekry het en het ons onlangs berig dat die departement van omgewingsake die omgewings bestuurprogram goedgekeur het.

Die publiek en ander rolspelers het tans kans om teen dit te appeleer.

Die konstruksie aan die Tzaneendamwal sou reeds in Januarie vanjaar begin het.

Die konstruksie van die Nwamitwadam sou volgens inligting in Junie vanjaar afgeskop het en sal in Augustus 2018 voltooi wees.

Die hoogte van die Tzaneendam wal sal met ‘n maksimum van 3 meter verhoog word wat stoor kapasiteit van 157.5 tot 203 miljoen kubieke meter laat styg.

Na beraming beloop die twee projekte oor die R1.7biljoen uitgedruk in April 2012 waardes.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button