LettersOpinion

In die gees van blymoedigheid

Wat 'n wonderlike en aangename ontvangs toe ons instap by Van Heerden Familie Apteek in Tzaneen!

Dit is met ‘n gees van blymoedigheid en dankbaarheid dat ek hierdie brief skryf!

Wat ‘n wonderlike en aangename ontvangs toe ons instap by Van Heerden Familie Apteek in Tzaneen!

Ek het ‘n geweldige hoofpyn gehad en het vir die apteker iets daarvoor gevra. Die ry was lank en die voorskrif toonbank baie besig. Ek het op die bankie gaan sit om my beurt af te wag.

‘n Vriendelike assistent het my kom vra of sy kan help…sy kan sien ek voel nie goed nie. Sy het dadelik aan my aandag gegee…iets vir my pyn gegee. Ons het aan die gesels geraak en toe ons by die apteek uitstap was my erge hoofpyn iets van die verlede.

Ons kamp vir ‘n paar weke van die jaar by Eiland-Spa. Maandae gaan ons pensioenarisse Tzaneen toe vir ons medikasie en proviand.

In hierdie apteek kry jy wêreldklas kliëentediens. Van jy inkom by die apteek word jy vriendelik ontvang. Jy voel soos een van die familie. Jy word ook so behandel. Geen probleem is te groot of te klein nie… hier word elke kliënt met deernis, empatie en vriendelik behandel.

Dit is dan ook hul leuse! Hier stap ons met ‘n huppel in ons stap uit en voel sommer om die dag voluit aan te pak.

Van Heerden Familie Apteek julle is beslis die kurators en bewakers van hierdie eksklusiewe handelsmerk…dit is julle beurt om die brandende fakkel van nuwe uitdagings, voorspoed en sukses te dra! Vriendelike groete

Related Articles

Back to top button