Editor's choiceNewsSchools

Vossie rugby veg terug

Hoërskool Ben Vorster het die afgelope naweek ‘n hele paar kenners van skolerugby laat regop sit met uitmuntende vertonings tydens die jaarlikse KES (King Edward VII School) van Johannesburg se tradisionele Paas-toernooi.

Die Vossies het Donderdag teen die hoog aangeskrewe Dale College van King William’s Town te staan gekom en was in ‘n stadium met 14-32 agter.

Die bekende Vossie-veggees het egter na vore gekom en met ‘n dramatiese terugveg poging klop hulle Dale met 49-46.

Dit was ‘n uitstaande spanpoging met die voorspelers wat ‘n puik grondslag gele het vir die agterspelers om Dale deurmekaar te hardloop. Een van Ben Vorster se talle uitblinkers, flank Lennard Joubert, het in die doodsnkikke die wendrie gaan druk om ‘n merkwaardige oorwinning aan die Rooitruie te besorg.

Lees: TZANEEN: Vossies in aksie by Menlo

In Ben Vorster se tweede wedstryd was dit die SA Sewes-speler, Renzo du Plessis, se beurt om uit te blink en hy het twee keer gaan druk in die Vossies se indrukwekkende oorwinning van 43-13 oor Florida.

Dit was weer ‘n geval van oorheersing voorlangs en gewillige snellers agterlangs met flanke Joubert en Du Plessis wat deurgaans aan die voorpunt was.

Aanhoudende swaar reën het ongelukkig veroorsaak dat die toernooi gekanselleer moes word uit vrees dat spelers in die swaar toestande beseer kon raak. Geen spel was dus Maandag moontlik nie.

Ben Vorster het egter ‘n duidelike stempel op die toernooi afgedruk en kan vir nog ‘n paar verrassings later in die seisoen sorg.

Related Articles

Back to top button