Local sportSport

TZANEEN: Fietsryers hou Tzaneen se naam ‘epies’ hoog

Drie spanne van Tzaneen het die Cape Epic aangepak.

‘n Hele paar van Tzaneen se fietsryers het weer eens ons dorp se naam 16 650meter hoog gehou.

Hulle het aan die gewilde 16de Absa Cape Epic bergfietskompetisie in die Wes-Kaap deelgeneem.

Daar is oor agt dae 624km aangedurf en 16 650m se optraandes braaf en met mannemoed die speke (en spiere) getrotseer.

Drie spanne van Tzaneen het die Cape Epic aangepak.

Die kompetisie verg dat spanne van twee fietsryers elk deelnaam.

Slegs 650 spanne mag aan die kompetisie deelneem, en die Tzaneeners het nie teleurgestel nie.

Roetes verskil elke jaar en dit opsigself maak dit jaarliks ‘n groot en opwindende uitdaging vir die deelnemers.

Een van die spanne, naamlik, ‘Insect Science Pro’ was die gedugte duo Alan Gordon en CP van Wyk.

Dit was Gordon se tweede deelname aan die Epic en Van Wyk het die wedren vir sy derde agtereenvolgende jaar aangepak.

Hul uitslae was soos volg:

Vir hulle ouderdoms-kategorie, wat bekend staan as Kategorie en posisie, het hulle 32ste geeindig.

Hulle het algemeen, 35ste op die ranglys geeindig met ‘n tyd van 30:20.54,4.

‘ZZ2 Laeveld Agrochem’, die tweede span van Tzaneen wat die uitdagende agt dae aangepak het in die Meesters afdeling was Bertie ‘BJ’ van Zyl en Dr. Gary Middleton.

BJ van Zyl.

Dis Van Zyl se sesde Epic resies en Middleton se vierde.

Hul uitslae vir hulle kategorie was as volg: 104de en het algemeen 320ste oor die wenstreep getrap in ‘n tyd van 42:40.19,2.

Die derde span was die van ‘Insect Science’ met Gerhard Booysen en Thomas Orchard.

Die insect science spanne.

Dit was vanjaar Booysen sowel as Orchard se eerste deelname aan die wedren.

Vir ‘n eerste deelname, spog hulle met ‘n 119de posisie in hulle kategorie en eindig algheeel 362ste, met ‘n tyd van 44:13:15,5.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button