Local newsNews

TZANEEN: Katryn veilig tuis

Katryn het weg geraak in Januarie.

Die eienaar van Katryn, die kat wat onlangs vermis geraak het, is veilig tuis.

“Katryn is terug. Baie dankie Letaba Herald vir die kennisgewing, en vir die barmhartige Samaritaan wat gebel het om te sê: ‘Dit maak my so hartseer, maar jy kan jou katjie kom haal’,” vertel die eienaar van Katryn.

LETABA HERALD verneem dat Katryn spekvet en gesond is. Katryn het weg geraak in Januarie.

LEES: TZANEEN: Katryn loop iewers katvoet rond – help soek asseblief

Sover as wat haar eienaar kan aflei het drie mense haar gevoer en opgepas.

“Ek het Arborpark plat gery en geroep by al die huise en my tuinier het ook gevra by al die bure se tuiniers. Katryn het in King Edward laan naby die rolbalbaan in die veld gebly maar saans by een woonstel gaan eet, kuier en slaap, as sy hoor die man wat daar bly het huistoe gekom. Daar het sy liefde, kos en speelgoed gekry. Die man het die plasing in die koerant gesien en my gebel laas week Maandag. Hy was hartseer en het die oulike kat so lief gehad, maar het vir my gesê hy weet dis my kat, ek kan haar kom haal.” vertel Katryn se eienaar.

 

Related Articles

Back to top button