Editor's choiceLocal newsNews

Phala of Hoedies dalk SA dorp van die jaar?

Phalaborwa en Hoedspruit is aangewys as semi-finalis vir Limpopo in die Kwêla Dorp Van Die Jaar kompetisie.

As jy nou nog nie weet nie, dan vertel ons jou nou…Phalaborwa en Hoedspruit is Sondagaand, 17 Maart op die KykNet program Kwêla, aangewys as twee van die drie dorpe in Limpopo as semi-finalis vir die immergewilde dorp van die jaar kompetsie. Die ander dorp teen wie hulle te staan kom is Groblersdal.

Onthou om vir Phalaborwa en Hoedspruit te stem deur die dorpnaam na 33157 te SMS.

Die publiek sal vir ‘n week ‘n geleentheid gegun word om vir hul gunsteling-dorp te stem.

Lees: VIDEO: Kyk toe Tzaneen aangewys is as Limpopo se finalis vir dorp van die jaar

Die ronde laat net 30 sms’e per nommer toe. Die dorp met die meeste stemme dring deur na die finale ronde.

Kwêla sal ’n insetsel op elk van die nege dorpies verfilm.

Wanneer al nege dorpe op Kwêla gewys is, sal die publiek van 18:00 op 26 Mei tot 12:00 31 Mei vir die wendorp kan stem. Die wendorp word op 16 Junie op Kwêla aangekondig.

Die dorp met die meeste stemme word as Kwêla se Dorp van die Jaar aangewys. Die dorp wen ’n ongelooflike R1 miljoen se bemarkingswaarde van kykNET. Homebrew Films, die vervaardigers van Kwêla, sal ’n 45 sekonde advertensie oor die dorp maak, wat gedurende kykNET se advertensietyd uitgesaai sal word.

Daar sal ook ’n groot KIA dorp van die jaar-makietie in die wendorp gehou word – musiek, kos, pret en sommer baie van daai wendorp-gees!

Kwêla sal weer daar wees om dit te verfilm, en dit sal later die jaar uitgesaai word.

Staan saam en stem vandag nog!

Related Articles

Back to top button