HOEDSPRUIT: Reën hou Voortrekkers nie terug om te kamp nie
Dit was harde werk; hulle moes stap, klim, hardloop en nog vele ander doen.
Die Voortrekkers het die naweek ‘n lekker kamp geniet ten spyte van die reën weer.
Die weer is dopgehou en baie reën is voorspel.
Sommige ouers wou die kamp uitstel.
Maar ondervinding het geleer van uitstel kom afstel.
En bonop was daar vol programme in die weke wat voorlê.
Die kinders was vuur en vlam en wou net kamp.
Tasse is al Woensdag gepak.
Maats is per uitnodigingskaartjie genooi om saam te kamp en almal was opgewonde.
Die Voortrekkerskamp is vir die eerste keer by Franklyn Park aangebied.
“Wat ‘n heerlike voorreg om op die mooie kampterrein te kamp, te danke aan Blyde Adventure Centre en Karel en Lani Smit,” sê die Voortrekkers.
Kinders van graad R tot graad 11 het gekamp.
Die graad R en 1 kinders, Dominique en Nikita, het selfsorg gedoen .
Hulle het geleer hoe om klere op te vou, hoe om hulleself netjies te hou en nog vele ander.
Daar was ongelukkig geen graad 2 kinders wat gekamp het nie.
Graad 3, JodyLee, Lindy-Lee en Lambert, het spoorkennis gedoen, en graad 4 en 5, Conrad, Ninicke, Leonora, Carli, Samantha en Zehan, het vasbyt gedoen.
Dit was harde werk; hulle moes stap, klim, hardloop en nog vele ander doen.
Graad 6 en 7, Hanco, Byron, Fourie, Anton, Yanie, Kerneels, Gabby, Joy, Aurette en Kira, het kampkook gedoen.
Hulle moes vuur pak en het verskeie metodes geleer, self kos voor berei vir ‘n potjiekos en het die heerlikste potjiekos gemaak.
Die Verkenners, Juanita, Johandrie en Philip het staptogte gedoen en onder Wynand ‘n paar dinge geleer, van rugsak pak tot rigting hou en kaart te lees en hulle moes ook ‘n roete stap.
Buiten al die leerwerk het die kinders ook tyd gekry om te speel; daar is op die glybane gegly en fiets gery en heerlike met die perde gekuier.
Dankie aan Francois Theron wat Die Voortrekkers daar ondersteun het.
Francois is ‘n ware aanwins vir Franklyn Park.
READ: HOEDSPRUIT: R40 is burning – shops looted, vehicles hijacked and several buildings set alight
Al die volwassens wat gekamp het en hulle naweek opgeoffer het om vir die kinders ‘n geleentheid te gee.
Baie dankie Vikci Meyer, Jan Joraan, David Hendricks, Wynand de Bryn, Leandra Kruger, Marlize Snyman en Martiza de Kock.
Sonder hulle entoesiasme sou die kamp nie ‘n sukses gewees het nie.