Editor's choiceLocal newsNews

OPVOLG: Vermiste Tzaneen broers veilig opgespoor

Dillan en Brandon is veilig gevind.

Dillan (12) en Brandon du Preez (15) wat Saterdag as vermis aangemeld is, is veilig gevind.

Lees: Tzaneen: Du Preez broers sedert Saterdag vermis

Volgens inligting is die twee broers in die Sekororo omgewing gevind.

Lees: OPVOLG: Vermiste Tzaneen broers moontlik gevind

Die Kinderbeskermings-eenheid van die SAPD en ander rolspelers word bedank vir hulle optrede om die twee seuns ongedeerd te vind.

“Hulle word tans terug gebring deur die polisie na Tzaneen,” is aan die Letaba Herald vertel.

Die omstandighede rondom hulle verdwyning is onbekend.

 

 

 

Related Articles

Back to top button