NewsSchools

Vossies spog met TV stasie

Hoërskool Ben Vorster bekom hulle eie televisie stasie wat dit moontlik maak om sport, kultuur en akademie enige plek aanlyn beskikbaar te stel.

Hoërskool Ben Vorster bekom hulle eie televisie stasie wat dit moontlik maak om sport, kultuur en akademie enige plek aanlyn beskikbaar te stel.

Tzaneen kan daarop roem dat hy deur die jare nie gefaal het om unieke mense, sportsterre, politikuste en innovering voort te bring nie. Ben Vorster bou hier op voort en neem leiding deur die eerste skool in die Limpopo provinsie te word wat hul eie televisie stasie op die been bring.

Digicom het met die unieke konsep vorendag gekom, en vyftien skole landwyd geniet alreeds die opwinding en onbeperkte voordele wat met die inisiatief gepaard gaan.

“Rugby, netbal, krieket en tenniswedstryde plaaslik en ‘weg’ is van die sportsoorte wat gedek gaan word en kan lewendig gevolg word op selfone, tablete, rekenaars of ‘slim’ televisie-stelle, maw alle toestelle wat met die internet kan koppel” het Hannes Nienaber van Digicom aan LETABA HERALD gesê.

Die goeie nuus is dat die tegnologie nie uitsluitlik vir sport aangewend gaan word nie maar ook vir kultuuraktiwiteite, met redenaars-kompetisies, spelathons en toneelopvoerings wat ook op die skerms te sien sal wees. Akademie is nie uitgesluit nie en dit is hier waar die impak en voordele van ‘n eie TV stasie die meeste tot sy reg kom. Sou ‘n leerder afwesig wees vir ‘n klas kan hy / sy dit op ‘n genoemde toestel volg of op ‘video on demand’ (VOD) wat soortgelyk is aan die ‘catch up’ funksie op DSTV.

Op diskressie van die skool en dmv behoefte bepaling sal besluit word watter klasse afgeneem gaan word. Vrae wat onwillekeurig ontstaan is, wie het toegang tot die kanaal en wat gaan dit kos? Enige persoon kan aansluit en die koste beloop slegs R75 per maand.

Om ‘n televisie stasie op die been te bring is baie duur en waar gaan die fondse vandaan kom om hiervoor te betaal? Digicom het ses televisiekameras en verwante toerusting ter waarde van R350 000 gratis aan die skool voorsien, en graad 8, 9 en 10 leerlinge van die skool word opgelei as kamera manne en lede van die produksie span wat uit ongeveer 20 kinders bestaan.

Al kostes wat die skool voor vir verantwoordelik is, is die aanstel van ‘n produksie bestuurder en ‘n maandelikse konnektiwiteits-fooi. Digicom is verantwoordelik vir die onderhoud van die toerusting en dra ook die versekering daarvan. Nog ‘n voordeel van die projek is dat die plaaslike besigheidsgemeenskap op die platvorm kan adverteer.

Die stasie het verlede Saterdag operationeel geword. Besoek digitv.co.za om aan te sluit of om advertensies te plaas. Vir meer inligting gesels gerus met Candice Prinsloo op die Vossie TV Facebook blad.

Related Articles

Back to top button