CrimeNews

Tzaneen: Inwoners probeer dier slag in huis se oprit in Aquapark – VIDEO

'n Bok word by 'n huis in 'n residensiële area geslag en die vel en binnegoed word op die sypaadjie gelaat tot groot onsteltenis.

‘n Hoogs ontstoke inwoner van Tony Laws straat in Aquapark het LETABA HERALD verlede Woensdag, 22 Augustus geskakel nadat ‘n bok klaarblyklik in die bure se huis geslag is en die vel en binnegoed in swartvullis sakke op die sypaadjie gelos is.

Volgens die inwoner word die huis deur buitelanders bewoon en het hulle reeds die vorige dag glo probeer om ‘n dier in die oprit te slag.

Kyk die video:

Haar man het die geskreeu van diere gehoor, oor die grensmuur gekyk en ‘n man met ‘n mes in sy hand gesien wat gereed was om ‘n bok se keel af te sny.

Hy het op die persoon gegil en die het toe met bokke en al in die huis ingegaan.

Die volgende dag is die vullissakke en die vel van ‘n dier op die sypaadjie gekry wat die vermoede laat ontstaan het dat die dier in die huis geslag is.

LETABA HERALD het Eugene Schutte, streeksafvalbestuurder by die Tzaneen Munisipaliteit geskakel wat binne tien minute personeel op die terrein gehad het wat die vel en binnegoed verwyder het.

Daar was geen teken van lewe op die betrokke erf te bespeur tydens LETABA HERALD se besoek op die toneel nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button