CrimeNews

Tzaneen: Kaalkopman teiken plaaslike vroue

Die aanvaller was nie gewapen nie, en word beskryf as "gemiddeld van lengte, met 'n kaalkop en bakore en baie sterk", en het nie 'n hemp aangehad nie.

Plaaslike besigheids vroue word die afgelope twee jaar geteiken deur ‘n lafhartige misdadiger wat vroegaand toeslaan, hulle aanval en beroof.

Tineke Bam eienaar van die ‘Blue Avenue’ haarsalon in Peace str, was Woensdagaand omstreeks 18:00 besig om ‘n klient se hare af te spoel in die agterste vertrek van die salon. Sy het n vreemde geluid gehoor, waarna sy na die voorkant van die salon beweeg het om ondersoek te gaan instel. Groot was haar verbasing toe sy op ‘n inbreker af kom.

“Ek weet nie wie het die grootste geskrik nie, ek of die inbreker” vertel Tineke, “my eerste reaksie was om die persoon te probeer weg jaag. My klient se beursie, selfoon en motorsleutels het op die toonbank gelê, maar ek het net betyds op hom afgekom voor hy dit kon gryp”. Die inbreker het die sleutels van ‘n veiligheidshek, wat aan die kant van die gebou is, wat lei na die buitenste rokers area, in die hande gekry en het sodoende toegang tot die salon verkry.

Na die ‘ontmoeting,’ het die dief met Tineke se selfoon, en die veiligheidshek se sleutels in die hand, die hasepad gekies. Die inbreker was gelukkig nie gewapen nie, en word beskryf as jonk met ‘n kaalkop, van gemiddelde lengte, gespierd en was geklee in ‘n ligte blou denim langbroek, sonder hemp of skoene. Daar word vermoed die persoon het toegang tot die perseel verkry, deur oor die kant muur van die perseel te klim, waarna hy in die rokers area geskuil het, van waar hy die beweging binne in die salon deur n venster kon dop hou.

Wat Tineke opgeval het, was hoe stil die dief beweeg het. Binne minute na die voorval is haar selfoon se sein buite die dorp geidentifiseer. Large Sekuriteit word bedank vir hul flinke optrede, as ook Breedt, Letaba en Northern sekuriteit wat almal opgedaag het.

Lees: Tzaneen: Woman attacked in park

Die genoemde inbraak blyk nie ‘n geissoleerde geval te wees nie. In Mei vanjaar het Elaine Wright eienaar van ‘n skoonheidssalon in Parkstraat die salon teen 19:40 die Vrydagaand verlaat. Sy was skaars in haar motor toe ‘n man aan die passasiersdeur van haar motor begin ruk en pluk het. (“Hy is gespierd met ‘n kaalkop en bakore”) vertel Elaine, “en het ‘n baie snaakse manier van hardloop met sy knië na buite”. Hy was geklee in ‘n blou kortbroek en het sy hemp in sy hand gehad.

Twee weke later is die eienaar van ‘n haarsalon in Parkstraat by haar motor aangerand toe sy die perseel wou verlaat. Die voorval het ongeveer 17:30 die middag plaasgevind, en volgens die slagoffer het die aanvaller ‘n ligte kleur langbroek aangehad sonder n hemp.

Nog ‘n slagoffer in die maand van Mei was ‘n dame wat laat gewerk het by ‘n onderneming in Peascestraat. Ongeveer 20:30 die aand het sy die onderneming se deur geopen om uit te gaan toe ‘n booswig die deur instorm en haar van haar voete af stamp. Hy het op haar keel getrap om te verhoed dat sy skreeu en het toe haar handsak uit haar hande gepluk nadat hy gedreig het om haar dood te maak.
Die aanvaller was nie gewapen nie, en word beskryf as “gemiddeld van lengte, met ‘n kaalkop en bakore en baie sterk”, en het nie ‘n hemp aangehad nie. Die dame se selfoon en kontant is uit haar handsak gesteel, wat later voor een van die aangrensende besighede opgetel is. Die Polisie was ontbied wat ‘n verklaring en vingerafdrukke geneem het.

Ook die kerk ontsnap die bedrywighede van die booswig nie. Die skoot rekenaar van ds. Richard van der Westhuisen, leraar van die Hervormde kerk is in November 2017 een oggend 05:30 uit sy studeerkamer gesteel, terwyl die handsak van die gemeente bestuurder Mariana de Beer in Junie 2017 een middag 18:30 uit haar motor gebuit is, reg voor die pastorie se agterdeur, terwyl hulle besig was om bagasie uit die voertuig te laai.

Lizette Geldenhuys ‘n onderwyseres wat ekstra wiskunde klasse in die katageselokaal aangebied het, is in Mei 2017 een aand omstreeks 18:00 ook van haar handsak beroof toe sy die perseel verlaat het. Nog ‘n persoon se handsak is uit die kerksaal gesteel terwyl sy iets in haar motor gaan haal het, en ‘n agt liter koffieperkuleerder en ketel is een nag gesteel toe die dief toegang deur ‘n badkamer venster verkry het.

In April, omstreeks 20:00 een aand, is ‘n bejaarde dame in King Edward rylaan in haar woonstel aangeval. Sy was besig om aandete voor te brei in die kombuis, toe die booswig die diefwering by die slaapkamer oopgebuig het, en sodoende toegang tot die woonstel gekry het. Gelukkig vir die inwoner, het die inbreker oor ‘n kartondoos gestruikel, en met sy gesig in haar mikrogolf oond geval, voor hy haar ernstige leed kon aandoen. Hy het daarna op die vlug geslaan.

Alhoewel hy nie gewapen was nie, het die man ‘n stuk lap in sy hand gehad, en hy probeer het, om dit oor die inwoner se mond te druk. Die indringer word beskryf as jonk, atleties met ‘n glad geskeerde kop, en het ten tye van die voorval ‘n denim langbroek met ‘n swart leergordel sonder ‘n hemp gedra. Die Polisie is ontbied, maar geen vingerafdrukke kon op die toneel gevind word nie.

Lees: TZANEEN: Doctors wife attacked

‘n Skoonheidssalon in King Edward rylaan het ook deurgeloop, nadat kontant helder oordag uit ‘n laai van ‘n lessenaar gesteel is. Dit wil voorkom asof die krimeneel alreeds ‘n geruime tyd besig is met hierdie wanpraktyke.

Twee jaar gelede is ‘n eiendomsagent op haar perseel in Peacestraat aangeval. Die voorval het omstreeks 19:15 die aand by haar motor plaasgevind toe sy oppad huis toe was. Sy is met die vuis in die gesig geslaan en die aanvaller het probeer om haar handsak af te neem, maar sy het begin skreeu waarna die boosdoenner op die vlug geslaan het. Die polisie is geskakel, en die slagoffer wou die aanvaller se plakkies wat agtergebly het aan hulle oorhandig, maar die polisie het nie belanggestel om dit te ontvang nie.

Op ‘n Satermiddag omstreeks 16:00, in November verlede jaar was dieselfde persoon weer die prooi van ‘n misdadiger, die keer op die hoek van Peacestraat en King Edward rylaan. Sy is aangerand, in ‘n buite toilet toegesluit waarna sy van ‘n goue ketting, kontant en twee selfone wat in haar motor was beroof is. Weereens was die polisie ontbied, waarna vingerafdrukke en ‘n verklaring afgeneem is.  Na die voorval het die polisie nie weer met haar in verbinding getree nie.

Die kussing met die seil oortreksel bo op die hoekpaal.

Op ‘n stuk leë erf tussen Agatha en Peacestraat, wat direk grens aan die besigheidskompleks waar een van die slagoffers werksaam is, het LETABA HERALD na ondersoek, ‘n sak met ‘n halwe baksteen daarin gevind, asook ‘n kussing met ‘n seil oortreksel wat bo op ‘n hoekpaal geplaas is. Daar word vermoed dat die sak met die baksteen gebruik word om vensters mee stukkend te slaan, en die kussing dien as beskerming vir wanneer daar vermoedelik oor die heining geklim word. Die erf is dig bebos en kan dien as ‘n uitstekende wegkruip plek vir kriminele.

Related Articles

Back to top button