Local newsNews

Familie bring hulde aan geliefde Attie Krog

Geliefde inwoner Attie Krog is oorlede. Die familie het die volgende huldeblyk saamgestel.

Dit is met hartseer dat ons as familie afskeid neem van ons Pa, Oupa en Groot Oupa Attie.

Die Liewe Heer het hom Dinsdag 26 Junie 2018 kom haal na ‘n kort siekbed.

Hy was ‘n Tzaneener sedert 1973 waartydens hy as mede Eienaar met Oom George Taylor(snr) Tzaneen Toyota gehad het. Later jare het hy Bousentrum Matte besit en menigte huis en kantoor spasie se vloerbedekking onder sy hande gehad.

Hy was ook bekend vir sy kennis van gesteentes en edel gesteentes. Paar mense is onder sy leiding die fyn kuns van fasetslyp geleer.

Alida Krog(kleindogter) het die geskryf en dit som baie goed op:

“Ons het n wonderlike Oupa gehad.

Sy glimlag aanmekaar gesit met stukkies sonskyn.

Oupa, hou nou hande met jou sielsmaat,

Ons weet jy hoor ons nou as ons bid

met jou ore gespits, so fyn.

Liewe Jesus, U weet sy hart is soliede goud

met sterretjie oe daarby

en ons dank God elke dag.

Oupa, jy is nou deel van die 

Aarde se sout.

Jy loop hand aan hand met Ouma aan jou sy

en weet versekerd, jou plekkie

in ons hart is tog so sag”

Die roudiens sal Vrydag om 11.00 plaasvind vanuit die EGK in Tzaneen.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button