EntertainmentLifestyle

Wen groot met Lollos wat in Tzaneen kom vermaak

Die jongspan van Tzaneen kan uitsien na ‘n toon-krul-vertoning saam met Lollos. En bonop kan gelukkige lesers van Letaba Herald dubbelkaartjies na die vertoning wen.

Die heel nuutste Lollos vertoning – “Lollos en Lettie – 10 jaar Basaar” gaan in Tzaneen opgevoer word.

Die optrede vind plaas op 19 Mei om 17:00 in die NG Moedergemeente se kerksaal.

Dit is die eerste optrede in Limpopo en die vertoning was vanjaar by die KKNK vrygestel.

Die toneelgeselskap vier 10 jaar van pret en plesier! Kinders en ouers kan saam sing en dans op al hulle grootste treffers.

Kaartjies en navrae by admin@ kindervermaak.co.za / 065 298 3864 / 082 317 3101.

Kaartjies is baie beperk hierdie jaar – en daar is slegs 400 beskikbaar waar daar normaalweg 600 beskikbaar was.

Lollos is ‘n opvoedkundige Afrikaanse vertoning gerig op kinders tussen die ouderdomme van 1-10 jaar oud. Lollos se hele uitgangspunt is om kinders aktief te kry en saam te dans – die vertonings is dus uniek deurdat terwyl hulle lekker saam beweeg en fiks word hul ook iets leer.

Hulle leer onder andere die ABC, hoe om te tel, die dae van die week, hoe om gesond te eet en fiks te raak, hulle leer van ons land, herwinning en vele meer.

Lollos het tot op hede 9 CD’s en DVD’s uitgereik waarvan almal platinum status bereik het.

Lollos het ook ‘n SAMA toekenning gewen vir die beste kinderalbum; ‘n Ghoema toekennning nominasie in 2015, en dan het hulle ook in 2015 die Tempo Toekenning gewen vir die topverkoper DVD.

Lollos en die karakters is so gewild dat hulle oor die afgelope paar jaar hulle eie reeks produkte bekendgestel het wat onder andere storieboeke, aktiwiteitsboeke, badprodukte, klere, sagtespeelgoed, rugsakke, beddegoed, kampstoele, ‘n Lollos partytjiereeks en dies meer insluit.

‘n Hele paar van hierdie items sal ook op die dag by die konsert te koop wees. ‘n Stel gratis dubbelkaartjies is vir een leser beskore. Al wat jy te doen staan is om die maklike vraag te antwoord en te epos na bertus@herald.co.za

Wat vier Lollos vanjaar?

Related Articles

Back to top button