Local sportSport
Gaan hoek, lyn en sinker saam kerk
Dit is weer tyd vir die groot visvang stryd, en daar is groot pryse op die spel.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/113/2018/02/maxresdefault.jpg)
LEDE in Christus Kerk Tzaneen hou hulle jaarlikse visvang kompetisie op 17 Februarie en skop om 06:00 te Letaba Estates af.
Vis kan by die twee damme, die Piesangdam en Kramerdam ingekatrol word.
Kurper, karp en barber spesies kom daar voor.
Lees: Bass Kampioenskap ān groot sukses
Groot pryse is op die spel en almal is welkom om deel te gaan neem.
Kaartjies beloop R100 vir twee stokke.
Skakel: Pieta 0823708242 en Pieter 0733045508 of Pastoor Fourie 0794852857. Kaartjies is ook beskikbaar by Boulevard Cycles Tzaneen.