AUDIO: ‘Welkom, o stille nag van vrede’
‘Somerkersfees’, wat wyle, Koos du Plessis, spesiaal geskryf het vir kinders in die suidelike halfrond.
Kersfees word op 25 Desember regoor die wêreld gevier dus is daar min wat mens eg Suid Afrikaans kan noem aan Kersfees.
‘Somerkersfees’, wat wyle, Koos du Plessis, spesiaal geskryf het vir kinders in die suidelike halfrond, vir wie ‘n Kersfees met sneeu nie ‘n werklikheid is nie, is opgeneem in die NG-kerk se nuwe sangbundel onder die titel ‘Welkom, o stille nag van vrede’.
Die lirieke van Somerkersfees:
Welkom o stille nag van vrede,
Onder die suiderkruis,
Wyl stemme uit die verlede
Oor sterrevelde ruis.
Hoor jy hoe sag die klokke beier
in eeue-oue taal.
Kyk, selfs die nagtelike swye
vertel die ou verhaal.
Voel jy ook nou Sy warm liefde
As ons die dag gedenk,
Toe Hy sy Seun aan ons gegee het –
Ons grootste Kersgeskenk.
KOOR
Kersfees kom, Kersfees kom –
Gee aan God die eer.
Skenk ons ‘n helder Somerkersfees
In hierdie land, o Heer.
Verskeie kunstenaars het dit later opgeneem.
Koos du Plessis het naam gemaak as digter en liedjieskrywer.
Van sy ander bekende liedjies sluit in “Kinders van die wind”, “Skadu’s teen die muur” en “Sprokie vir ‘n stadskind.
Hy is op 14 Januarie 1984 oorlede.
Luister na Laurika Rauch se opname: