Local newsNews

Tzaneen: Verre Noord Toy Run weer ‘n hoogtepunt

Motorfiets ryers vanuit alle hoeke van Limpopo het Sondag, 26 November, hulle speelgoed op motorfietse Tzaneen toe gebring vir hulle jaarlikse 'Verre Noord Toy Run' wat deur Road Hogs Tzaneen aangebied is.

Op ‘n sopnat dag, met die wolke wat grys in die lug hang, het die ryers allerande speelgoed saam gebring wat die dag veel meer kleurvol en ligter gemaak het.

Ryers vanaf so ver as Phalaborwa, Musina en Louis Trichardt het die moeilike nat pad getrotseer om seker te maak hulle mis nie al die pret nie.

Die ryers van Polokwane het ook met hulle speelgoed die berugte Magoebaskloof pad in die bitter-koue reën getrotseer.

Almal het tussen 09:00-09:30 by Hoërskool Merensky aangekom, waar ou vriende na lank weer mekaar omhels het en nuwe vriende met bree glimlagte gemaak is.

Die verskeie presidente wie hul klubs verteenwoordig het tydens die 2017 Road Hogs Toy Run.
Voor, van links: Jeff de Beer, Regimental Klub Polokwane, Johan Cronje, Road Hogs Limpopo President, Jaco van Wyk, Road Hogs Tzaneen president, Tobie Kock Road Hogs Louis Trichardt president, Richard van Balkon, Bikers That Care Polokwane. Agter: Charlie Parsons, Ulysses Tzaneen en AD de Lange, Road Hogs Phalaborwa.

Ongevier 250 ryers en 130 motorfietse is deur Road Hogs Tzaneen se president, Jaco van Wyk, verwelkom en bedank vir hul ondersteuning van en bydrae aan die prag inisiatief.

Na ‘n gebed, is almal weer op hul motorfietse na Tzaneen Skougronde toe.

Hulle is daar verwelkom met yskoue bier in die kroeg en boerewors net van die braai af.

Almal moes van hulle speelgoed ontslae raak en binne ‘n afgebakende blok in Saal B gooi.

Lee Murison wat die prys gekry het vir die meeste moeite om seker te maak hy het speelgoed saam gebring. Van links: Ryno Kunnecke, Road Hogs Tzaneen visie president, Jaco van Wyk, Road Hogs Tzaneen president, en Lee Murison.

Deur die loop van die oggend, is daar vele pret deur almal geniet.

As vriende nie besig was om saam te kuier nie, was hul besig om deel te neem aan die armdruk kompetisie.

Toe die kompetisies op ‘n einde gekom het, is Annelize Rossouw as die dames armdruk kampioen gekroon.

Beide finaliste van die mans armdruk kompetisie, is borge van die prys gewees, en het gesê dat hul nie hoef genoem te word nie.

Daar was ook nog pryse vir die 100ste motorfiets, die meeste moeite gedoen om hul motorfiets te versier met speelgoed, asook ‘n toekenning aan die ryer met die meeste balkies op hul baadjie.

Joe Adlem het die prys gewen vir die meeste balkies op sy baadjie. Van links: Ryno Kunnecke, Road Hogs Tzaneen visie president, Joe Adlem, en Jaco van Wyk, Road Hogs Tzaneen president.

Die prys vir die 100ste motorfiets wat ingery het, was deur Stephan Cloete van Regimental Crew Polokwane gewen.

Die meeste moeite prys, het aan Lee Murison van Tzaneen gegaan, wat se speelgoed alles met die hand gemaak is.

Die toekenning vir die meeste balkies op hul baadjie, was deur Joe Adlem gewen.

Road Hogs Tzaneen bedank graag Fairview Lodge vir die borg van hul pryse aan die ryers asook Hoërskool Merensky vir die aanbieding van hulle terrein.

Alle speelgoed sal tussen die verskeie presidente en klubs verdeel word om dan verder aan behoefitge kinders te skenk.

Die dag was ‘n reuse sukses gewees, en alle ryers wie deel was van die pret sien baie uit na volgende jaar se Road Hogs Toy Run.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button