Local newsNews

VIDEO: Gerrie Nel gesels met Tzaneen: ‘Yes My Lady,’ morele leierskap begin by jou

’The world will not be destroyed by those who do evil, but by those who watch them without doing anything.’

‘Suid Afrika kort net die politieke wil.’

So voel advokaat Gerrie Nel van Afriforum wat op 7 November by Fairview Lodge inwoners toegespreek oor korrupsie en privaatvervolging.

En Nel, alias ‘the bulldog, yes my Lady, wat opgetree het as staatsaanklaer in die Oscar Pistorius saak, het nie teleurgestel nie.

‘n Man kort van statuur, maar ‘n regskenner wat uit die staanspoor ‘n sterk teenwoordigheid het en ‘n indruk maak, het egter dit versterk toe hy met die intrapslag aan die gehoor gesê het:

‘Ek verpes onreg en ek haat boelies in die wyer sin van die woord.’

Video:

Nel is onlangs aangestel die hoof van Afriforum se privaat vervolgingseenheid.

Hy reis van dorp na dorp met ‘n boodskap aan alle Suid Afrikaners.

Volgens Nel is die eenheid nie gestig om ’n paralelle vervolgsgesag te wees nie, maar om seker te maak dat almal gelyk voor die reg is.

“Dit is ’n baie duur proses, so ons kan regtig nie bekostig om te verloor nie,” het hy tong in die kies gegrap.

Lees: TZANEEN: AfriForum, SAPD maak geskiedenis

‘Ons lewe nou in opwindedende tye. Korrupsie was nog altyd daar, Dit was daar voor 1994 ook. Korrupsie is nou net groter, en ons kan iets daaromtrent doen.’’ het Nel gesê.

Nel het verduidelik dat hy graag aan mense wil sê dat hulle moet ophou, om te sê dat hulle nie meer belangstel in wat aangaan in die land nie want, soos hy dit stel hoor hy dat alles wat mense lees, net slegte nuus is.

‘Nee, slegte nuus is eintlik goeie nuus, ons kan iets daaromtrent doen,’ het hy opgewonde vertel.

Nel het ‘n hele paar bekende name genoem wat daagliks op koerant voorblaaie pronk waaraan die korrupsie stigma hang, maar het in dieselfde asem ook name genoem, soos Rene Alex van KMPG, Thabang Masego van Eskom en Mokasani Makata, van VODACOM.

Hulle kan elk op hulle eie terrein, gesien word as helde wat nie deel wil wees van die korrupsie euwel nie.

Dit is mense soos hulle, wat hy voel helde is.

Dit is mense soos die wat doen wat hulle moet. Die fluitjieblasers. Dit is mense soos hulle wat hierdie land nodig het, het Nel verduidelik.

Lees: VIDEO: AfriForum sit die ‘stop’ terug in stopstraat

Dit gaan vir Nel oor oor integriteit.

‘Dit is hoe jy jou gedra waneer niemand kyk nie.’

Die konsep van privaatvervolgings is aan die gehoor verduidelik, ‘Die nasionale vervolgingsgesag het eerste toegang tot sake.

Daarna kan Afriforum hulle nader om die saak self te verdedig, en kan die gesag dit heroorweeg. Sodra Afriforum met ‘n saak begin, en dit blyk asof hulle die saak kan wen, is die vervolgings gesag by magte om die saak weer oor te neem.

Dit gaan alles oor kostes aan die einde van die dag, het Nel verduidleik.

Volgens Nel besit Suid Afrika oor ‘n vrye pers, ‘n vrye regstelsel en die gemeenskap se gewilligheid.

Ál wat nou te kort skiet is die politieke wil, volgens Nel.

‘Mense moet een ding onthou, daar bestaan nie iets soos ‘n gratis ete nie. Aan die einde van die dag gaan korrupsie oor die bedoeling van gee, en wat die bedoeling van die oorsaak gaan wees van die ‘transaksie’.

Hy het dit ook duidelik gemaak dat persone nie bloot net aan politieke figure moet dink wat korrupsie aan betref nie.

Dit raak almal, van dokters tot ingenieurs en die lysie gaan aan.

Die vloer was oop vir vrae, en Nel het dit baie duidelik gemaak dat Suid Afrikaners baie kan praat en kla, maar dan moet dieselfde mense hulle afvra of hulle iets probeer doen het om dit stop te sit, of aan ‘n organisasie, soos bv Afriforum behoort, wat optree namens persone of organisasie waar moontlik.

‘Mense moet nie gekanaliseer word in ‘n denkrigting van óns kan niks doen nie, Nee ons kan alles doen.’

Lees: TZANEEN: Afriforum axe illegal harvesting 

As almal saam staan kan korrupsie gestop word. Ás jy dit nie self kan doen nie, sluit aan by ‘n organisasie, bewillig jouself as jy voel jy beskik oor ‘n sekere talent wat die organisasie sterker kan maak en kan bystaan, doen dit.

‘Teen die einde van die dag kort hierdie land morele leierskap, en dit begin ook ongelukkig by elkeen van ons. As jy van die pad afgtrek word, vir dronkbestuur en jy koop die verkeersman om, is jy klaar deel van die korrupsie kringloop. Dit begin en stop by jou.’

Hy het verder daarop gewys dat persone nie goedsmoeds self moet probeer om bv slaggate reg te maak en dan later kostes wil verhaal van die munisipaliteit of owerhede nie.

‘Two wrongs never make a right. Volg die regte prosedure. Dit is hoekom ons daar is.’

Lees: AfriForum gaan voort met skoonmaakprojek onder oorhoofse kragdrade

Oor die doodstraf het hy dit ook baie duidelik gemaak dat, volgens sy mening, dit nooit sal werk as afskrikmiddel nie. Die deursnee krimineel se enigste uitgangspunt is ‘ons sal nie gevang word nie’.

Hulle dink nie daaraan dat hulle sal hang vir hulle dade nie.

Nel het aan die gehoor gesê dat een van die belangsrikste maande in Suid Afrika se geskiednis, Desember is.

Lees: AfriForum release video of Malema brawl

Advokaat Nel het gepas die aand afgesluit deur Albert Einstein aan te haal:’ The world will not be destroyed by those who do evil, but by those who watch them without doing anything.’

For more news your way, follow Letaba Herald  on Facebook and Twitter.

Related Articles

Back to top button