School sportSport

Sportnuus uit Vossieland

Die volgende twee leerders van Hoërskool Ben Vorster het presteer.

‘n Graad 12 leerder, Muzi Nyakane, van die Hoërskool Ben Vorster, is deur die Blou Bulle gekontrakteer om volgende jaar vir hulle O/19 span te speel. Muzi het hierdie jaar ook vir die O/18 Statebond sewesspan, tydens die Statebond jeugspele rugby gespeel.
Tharischca van der Walt, ‘n leerling van die Hoërskool Ben Vorster, het Limpopo die afgelope vakansie tydens die Nasionale Kamioenskap vir Western Mounted Games, wat in Parys plaasgevind het, verteenwoordig. Sy het in die SANESA-skole afdeling, Level 1, vierde uit 30 ruiters geëindig. In die ope afdeling, Level 2, het sy ‘n 54ste plek uit 78 ruiters behaal.

Related Articles

Back to top button