NewsSchool sportSchoolsSport

Vossies wen Noordvaal Sewes skildtrofee

Die Hoërskool Ben Vorster se O/15- en O/17- sewes rugbyspanne het tydens die tydnes die sewes kampioenskap gewys dat hulle nie terug hoef te staan vir die land se makro skole nie.

Die toernooi, wat op 22 September in Pretoria gehou is, het die beste 16 spanne in hulle onderskeie ouderdomsgroepe, ongeag die grootte van die skool, sien deelneem.

Die Vossies het skitter-rugby opgelewer met die O/15-span wat algeheel tiende geëindig het en die O/17-span wat die skild gewen het.

Die O/17-span het Nelspruit 14-7 geklop en het naelskraap teen Garsfontein 19-24 verloor.

Hulle laat egter vir Potch Gimmies les opsê in die finaal vir die skildtrofee met ‘n telling van 17-5.

Daarmee sluit die Vossies dan hulle baie suksesvolle 2017-rugbyseisoen af.

Vossie rugby wil graag elke ondersteuner en almal, wat gehelp het om die rooimasjien se enjin so glad te laat werk, bedank.

Related Articles

Back to top button