Local newsNews

HOEDSPRUIT: Welkom in Limpopo “911 Riders”

Die voorsitter van die Hoedspruit Dorpswag, Johan Potgieter, het die Hoedspruit gemeenskap uitgenooi om deel te word van die groep wat die ‘911 Riders – Bikers against farm murders’ op Vrydag (môre) om 12:00 by die SAP op Hoedspruit te ontvang.

Potgieter het gesê dat motorfietsryers wat in Hoedspruit woon, is veral welkom om aan die mooi geleentheid deel te neem.

Die Hoedspruit Dorpswag sal die groep ryers ontvang en welkom heet en so wys dat die noodsaaklike aksie ondersteun word.

Die ‘911 Riders – Bikers against farm murders’ sal aan die Stasiebevelvoerder ‘n dokument oorhandig. Die bedoeling is ook om die verhouding tussen die SAPS en die gemeenskap verder te versterk.

LEES OOK: HOEDSPRUIT: Bekende egpaar op plaas aangeval

Pastoor Maré, die organiseerder, het gesê dat hulle as groep ook graag met die aksie die landbougemeenskap wil bemoedig en versterk. Die boodskap is dat die ‘911 Riders – Bikers against farm murders’ Suid Afrikaners bewus wil maak van die aanslag teen die mense wat juis kos vir 52 miljoen mense moet verskaf.

Die Hoedspruit Dorpswag sal ligte verversings aan die ‘911 Riders – Bikers against farm murders’ ryers verskaf voordat hulle verder aan beweeg met die Limpopo toer. Baie dankie aan die NG Kerk Kruisgemeenste wat hulle fasiliteite gratis gaan aanbied.

Potgieter het die ‘911 Riders – Bikers against farm murders’ bedank vir die besonderse aksie en het die Dorpswag se ondersteuning bevestig.

As ‘n mens na die statistieke van 2017 kyk vanaf 1 Januarie tot 31 Augustus kan mens die groter prentjie sien van plaasaanvalle.

In Limpopo was daar 55 aanvalle waarvan nege mense gesterf het.

In die land was daar 288 aanvalle waarvan 60 mense gesterf het.

Hulle program op 6 Oktober is: Om 10:00 verlaat hulle Witrivier na Hoedspruit, om 12:00 word hulle ontvang in Hoedspruit, ongeveer 13:49 stop hulle by die SAPD op Gravelotte en dan om 14:42 is hulle in Letsitele.

Hulle sal ongeveer 15:41 in Tzaneen stop by die SAPS en in Tzaneen oorslaap.

Op 7 Oktober om 07:30 beweeg hulle uit Tzaneen uit en om 08:06 stop hulle in Haernetsburg.

Die Tzaneen gemeenskap is ook aan boord en die Roadhogs sal van Gravelotte saam hul ry tot by die SAPD.

Tzaneen se inwoners word ook aangemoedig om die motorfietsryers te verwelkom.

Meer inligting volg binnekort.

Related Articles

Back to top button