CrimeNewsLifestyle

Van Vuurens in Hoedspruit plaasaanval

‘n Grootskaalse soektog is Dinsdag deur die Hoedspruit Polisie en Plaaswag van stapel gestuur na ‘n gewapende roof op bekende inwoners van die omgewing.

Vier gewapende verdagtes het Dinsdagoggend Louwtjie Van Vuuren jnr op‘n plaas buite die dorp aangeval.

Hulle het by Van Vuuren jnr, in ‘n ander vleuel van die huis ingebreek, na die hond vergiftig is.

Sersant Livhuwani Mulaudzi, Hoedspruit Polisie se woordvoerder het aan die Herald gesê dat die gewapende verdagtes na bewering‘n vuurwapen op Van Vuuren gerig het, terwyl hulle hom vasgebind het.

Hulle het hom volgens Mulaudzi beveel om stil te bly of anders maak hulle hom dood.

Die verdagtes het geld en wapens van die slagoffer geëis, maar niks gekry nie.

LEES OOK: NUUSFLITS: Gewapende rowers gesoek na plaasaanval

Een van die verdagtes het hom na bewering begin wurg.

Die ander verdagtes is toe na die ander deel van die huis, waar die alarm afgegaan het wat hulle laat vlug het.

Die verdagtes was geklee in denim langbroeke en hoede.

Een het ‘n trui met ‘n kappie aangehad.

Hulle het te voet gevlug met slegs Van Vuuren se selfoon.

Met ons ter perse gaan is niemand nog inhegtenis geneem nie en die polisie vra enigiemand met meer inligting om die polisie te skakel op 015 779 4063.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button