School sportSport

Nog twee trofeë in die kas vir Vossies sewes

Die Hoërskool Ben Vorster se O/15- en O/17-sewes rugbyspanne het die afgelope naweek by Hoërskool Tom Naudé se sewes dag weer eens uitgeblink.

Die juniors, wat hierdie sewes seisoen nog onoorwonne is, was toernooi-wenners en die seniors was die plaatwenners.

Die O/15-span het die dag uit die staanspoor op volle silinders gevuur.

Hulle het, in hulle eerste wedstryd van die dag, Hoërskool Hans Strijdom 33-0 kaf gedraf. In die daaropvolgende wedstryd het die Vossies Hoërskool Merensky se verdediging getoets en hulle 46-7 gewen om deur te dring na die finaal.

O/17 sewes rugbyspan van die Vossies was die plaatwenners. Voor: Thapelo Ramoshaba. Eerste ry van links: Leonard Joubert, Christiaan Smit, Hendrik Massyn en Lehlogonolo Molepo. Tweede ry: Johan Naudé. Agter: Peter Schutte (afrigter), Melvin Maake, Lourens Erasmus, WC Kriel, Erik Meintjes, Jason Mulder, Archie Norval (afrigter) en Morné Horn.

Die Vossies het die dag onoorwonne afgesluit deur PHS skitterend in die finaal 26-5 te wen.

Die Vossies se O/17’s het, anders as verlede week, al van die eerste wedstryd onstuitbaar gelyk.

Hulle het Hoërskool Tom Naudé 47-0, in hul eerste wedstryd van die dag, gewen en was onoorwonne in die groepswedstryde.

Hulle het egter in die semi-finaal teen Hoërskool Piet Potgieter vasgeval en moes vir die Plaattrofee uitspeel.

Hier het hulle gewys dat hulle verloor teen Hoërskool Piet Potgieter net ‘n voetfout was en hulle wen Hoërskool Ben Viljoen 52-0 in die Plaatfinaal.

Related Articles

Back to top button