NewsSchools

Einstein op Plasieland

Merensky het 'n nuwe wetenskaplike inisatief, 'Einstein-aand' verlede week begin.

40 entoesiastiese leerders van Hoërskool Merensky het op Dinsdag, 29 Augustus in die Plasies se wetenskaplaboratorium vergader om hulle hande, onder gekontrolleerde omstandighede, te waag aan gevaarlike chemiese eksperimente.

Hierdie is die eerste in ‘n reeks van verskeie akademies-verrykende aktiwiteite wat die Wetenskap Departement beplan om leerders se vaardighede spelenderwys te ontwikkel en belangstelling in die vakgebied te prikkel.

Daar is eerstehands ervaar hoe chemiese reaksies groot vlamme en geraas kan maak.

Hierdie inisiatief is vanselfsprekend “Einstein-aande” gedoop en beloof om groot uitdagings vir selfs die regterbreiners op Plasieland in te hou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button