NewsSchools

Vossies vaar goed in die Superliga kriekettoernooi

Die Hoërskool Ben Voster se eerste, tweede en O/15 krieketspanne het op 2 September, teen Stanford Lake College te staan gekom en goed gevaar met 2 oorwinnings (eerste en O/15) en een nederlaag.

Die eerstespan het die loot gewen en besluit om eeste te boul. Ben Vorster was vroeg in die moeilikheid met hul telling 18/3.

Die vierde paaltjievennootskap van 73 lopies tussen Johan Harms en Atwell Mokgoloboto bring die Black Caps weer op koers. Die Vossies het 290/8 in hul 50 boulbeurte aangeteken.

Johan Harms het weer met die kolf geskitter en sy tweede honderdtal vir die seisoen aangeteken en was nie uit met 174 lopies van slegs 151 balle nie.

Na middagete het die Black Caps se boulers vroeg toegeslaan en 3 vinnige paaltjies gevat.

Stanford se kolwers was nie opgewasse vir die akkurate boulwerk van die Black Caps nie is almal uitgboul vir 109 lopies in die 29ste boulbeurt.

Die beste boulers van Ben Vorser was Atwell Mokgoloboto 4 vir 28 in 8 beurte en Johan Harms 3 vir 22 in 5 beurte.

Die Vossies se eerste krieketspan het met 181 lopies gewen.

Die O/15A-span het met 8 paaltjies gewen. Stanford het eerste gekolf en almal is vir 125 lopies uitgeboul.

Die beste boulers van die Vossies was: Sakkie Vermeulen 3/25, Grant Steynberg 2/19 en Damion Viljoen 2/21.

Ben Vorster het gaan kolf en ‘n warrelwind beurt deur Damion Viljoen (51 nie uit van 31 balle) die Vossies instaat gestel om die wenteiken in die 14de beurt te behaal en hulle het die wedstryd gemaklik gewen.

Die tweedespan moes ongelukkig die knie buig en hulle het met 63 lopies verloor. Phalaborwa het eerste gaan kolf en is almal uitgeboul vir 128 in 20 boulbeurte.

Die beste boulers van die Vossies was: Brian Vermeulen 3/20 en Dyllan van Zyl 2/19.

Die Vossies het gaan kolf, maar het hul ongelukkig vas geloop in die sterk boulaanval van Phalaborwa en is almal uitgeboul vir 65 lopies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button