School sportSport

Vossies se O/15 span deur na Virsekerbeker semi-finaal

Die 0/15-rugbyspan van die Hoërskool Ben Vorster gaan komende Saterdag Limpopo se naam hoog hou wanneer hulle aan die semi-finale van die Virsekerbeker kampioenskap vir grootskole gaan deelneem.

Die enigste ander Limpopo span wat tot die semi’s deurgedring het, is die O/14-span van PHS.

Die Vossies het hulle kwarteind wedstryd teen Oos-Moot, wat 12 Augustus op Oos-Moot se tuisveld gespeel is, 27-3 gewen. Sameul Mabeba het die Vossies se eerste drie gedruk.

Kabelo Kgohloane het die drie verdoel en ‘n strafskop oorgeskop om die half-eindtelling op 10-3 in die Vossies se guns te staan te bring.

Die Vossies het al die druk in die eerstehelfde geabsorbeer en hulle reserwes, wat vroeg in die tweedehelfde opgestuur is, het ‘n groot impak gemaak.

Thabang Sejake het in die tweedehelfde drie drieë vir die Vossies, waarvan een verdoel is, gedruk.

Die Vossies reis eerskomende Saterdag, 19 Augustus, na Pretoria waar hulle teen Helpmekaar te staan sal kom. Die ander semi-finaal is tussen Hoërskool Rob Ferreira en Transvalia.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button