EntertainmentLifestyle
TZANEEN: Min plek oor…kom stook, kook en prut julle put en dra die kroon!
Skryf nou julle span in vir vanjaar se Letaba Skou / Sakekamer Potjiekos kompetisie.
Vanjaar se Potjiekos kompetisie beloof om weer soos in die verlede een van die hoogtepunte te wees tydens die Letaba Skou.
Dit word aangebied in samewerking met die Tzaneen se Sakekamer en sal op Donderdag 10 Augustus plaasvind.
Daar is nog so paar plekke oop vir inskrywings en besighede word aangemoedig om die geleentheid nou aan te gryp en te bespreek!
Dit is ‘n uitstekende geleentheid vir spanbou, en sommer te deel in die jaarlikse skougees!
Klik op die skakel om te kyk na verlede jaar se potjiekos kompetisie pret:
FOTO’S & Videos: Potjie-konings gekroon tydens Letaba Skou