#Vossies se netbalspanne presteer by Limpopo kampioenskap
Die Hoërskool Ben Vorster se vier netbalspanne het twee eersteplekke, ‘n tweedeplek en ‘n derdeplek tydens die provinsiale netbalkampioenskap, wat op 3 Junie te Polokwane plaasgevind het, behaal.
Die Vossies se O/19-NTT Toyota-span het die krane behoorlik oopgedraai en het wedstryd na wedstryd goeie netbal opgedis. Hulle het geen gelyke in die kampioenskap gehad nie en het PHS met ‘n rekord telling van 32-7 verslaan om as wenners gekroon te word. Die res van hulle uitslae was as volg: Ben Vorster wen Frikkie Meyer 32-8, Ben Vorster wen Nylstroom 32-10, Ben Vorster wen Curro Heuwelkruin 25-8, Semi-finale: Ben Vorster wen teen Merensky met 26-10. Agter van links: Ndavi Nokeri, Tshe
Die Hoërskool Ben Vorster se spanne gaan vanaf 4-6 Augustus aan die Nasionale Top Skole toernooi deelneem.
Die O/16-span is as wenners gekroon. Hulle het hulle semi-finaal teen Frikkie Meyer 18-5 gewen en die finaal teen PHS met 21-7. Die uitslae van hulle poel wedstryde was as volg: Ben Vorster wen Warmbad 20-8, Ben Vorster wen Piet Potgieter 22-9, Ben Vorster wen PEPPS 26-2. Agter van links: Bianca Thete, Nthabiseng Ramathwala, Zonika Stapelberg, Anandi Jansen van Rensburg, Elmé Genis, Emma Gaffone en Lebo Maake. Voor: Xhalati Mashinabye en Mokete Malete.
Die O/14-span is as naaswenners gekroon nadat hulle 12-15 teen PHS (1) in die finaal verloor het. Hulle het 17-4 met Frans du Toit in die semi-finale afgereken. Die uitslae van hulle poel wedstryde was as volg: Ben Vorster wen Frikkie Meyer 14-10, Ben Vorster wen Ellisras 27-4, Ben Vorster wen PHS (2) 20-11. Agter van links: Schockey Lebetha, Amukelani Kubayi, Shammor Ngobeni, Tumelo Malatji, Lebo Mamarara, Prudence Lebea (hulp-afrigter). Voor Charmaine Beetge (Afrigter), Riviningo Mathonsi, Hlogi Sneyolo en Dedeya Shipalana.
Die Vossies se O/17-span het algeheel 3rde in hulle afdeling geëindig. Hulle uitslae was as volg: Ben Vorster verloor teen Frikkie Meyer 14-18, Ben Vorster wen Nylstroom 21-6, Ben Vorster wen PHS (2) 11-10, Ben Vorster verloor PHS (1) 11-14. Agter van links: Beverly Mackaukau, Michelle Shikwambana, Mpho Mtimkulu, Ilze Meyer, Pamela Baloyi, Caelen Adendorff, Lané Scheepers. Voor: Euvia Ngomane en Candy Mathebula (reserwe).