Local newsNews

TZANEEN: Indien jy die perdesterte gewaar het sou jy geweet het hier kom van vandag af weer pêre

Die tekens was Vrydag reeds in die lug en 'n paar koue dae is in die vooruitsig.

As jy dalk vergeet het, of nie geweet het wat om te verwag as jy cirruswolke, oftewel perdesterte gewaar in die lug nie, hier is ‘n vinnige Sondagoggend  klimatologiese lessie:

Die woord cirrus beteken in Latyns ‘n haarlok of haarkrulletjie en kenmerkend is cirruswolke dun, yl, stringe wolke.

Satellietfoto van die wolk formasie oor Suid-Afrika, Vrydag 25 Mei. Foto: WeatherSA

Die stringe wolke lyk soms ook soos bossies hare en vandaar die naam “perdesterte” vir hierdie wolke.

Cirruswolke is gewoonlik wit of liggrys. Dit word gevorm wanneer waterdamp deur ‘n proses van afsetting beweeg op hoogtes van bokant 5 000 m in matige gebiede en bokant 6 100 m in tropiese areas. Dit word ook gevorm as ‘n uitvloeisel uit ‘n tropiese sikloon.

Wanneer cirruswolke in die lug verskyn, dui dit aan dat daar ‘n frontale stelsel of ‘n tropiese sikloon onderweg is en dat die weerstoestande binnekort gaan versleg.

Nou ja, Tzaneen se winters-oggendklas van 28 Mei 2017, temprature gaan vir die volgende paar dae aansienlik koeler wees as die afgelope lekker warm winter dae waarmee ons bederf was.

Volgens www.nedfor.co.za  het die gesiglose koue front reeds Saterdagaand oor die suidelike dele van Gauteng beweeg.

Satellietbeeld van die gesiglose kouefront geneem om 17:30 Saterdag 27 Mei. Foto: EUMUSTAT

‘Dit was lekker koud oor die sentrale binneland vandag, (Saterdag) nie erge koue temperature (gemeet nie) maar saam met ‘n suid-weste wind het 16 C in Bloemfontein nader na 11-12 C gevoel.   Buffelsfontein se maksimum het sowat 8 C gehaal, met wind egter heelwat kouer gevoel, temperatuur nou reeds af na sowat 1 C en die wind roer steeds,’ het die webwerf berig.

Daar is voorspel dat die koue front Saterdagnag diep gaan inslaan en dat dit koud sou wees met selfs ‘n bietjie reën oor die Laeveld sowel as die platorand vanaf vandag, Sondag 28 Mei.

‘n Sonnig maar koue dag word vir vandag voorspel.

Letaba Herald het by ‘weerkenners’ op die gewilde Facebook blad, Reënva inl SA kers gaan opsteek oor die cirruswolk formasie wat Vrydag soos ‘n kombers oor Tzaneen gelê het.

Willem Steynberg het laat val dat hy nou nie ‘n weerkenner is nie, maar dat hy koue met ‘n bietjie reën voorspel.

En sy voorspelling was nie ver uit nie.

Volgens WeatherSA kan Tzaneen die volgende minimum en maksimum temperature van vandag af verwag, en self ‘n bietjie reën is vir vandag, Sondag 28 Mei op die kaarte:

Sondag: 13 / 16

Maandag: 11 /18

Dinsdag: 8 / 17

Wownsdag: 8 /22

Donderdag: 11 / 24

Vrydag: 10 /23

Maak ‘n pot sop, bak die pannekoek, strooi die kaneel en suiker, en maak daardie warmwatersakke vol.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button