Local newsNews

TZANEEN: Derde van die Wolkberggebou in puin na brand

Daar het vroeg Donderdagoggend 'n brand ontstaan wat glo 'n derde van die Wolkberg gebou in Danie Joubertstraat laat brand het.

Volgens die eienaar van Ickinger, Jacques van der Walt, het hulle alarm ongeveer 00:30 afgegaan.
Hy is saam Northern Sekuriteit uit na die winkel toe en hulle het niks gesien nie.

Die vuur het verskeie informele besighede verwoes.

‘n Kort rukkie daarna het hulle ‘n oproep van Dave Protter ontvang wat hulle ingelig het dat die gebou aan die brand is.
Hulle is dadelik uit na hulle winkel toe waar die brandweer, polisie en Northern Sekuriteit klaar op die toneel was.

Niemand is beseer in die brand nie.

“Hoe sê mens dankie vir die brandweerhoof en sy span wat hulle lewens onbaatsugtig in gevaar stel om die gemeenskap se lewensbestaan te beskerm. Ek het nooit besef hoe erg dit is nie en in hoeveel gevaar die brandweermanne hulle eie lewens sit om mense en hulle besittings te beskerm nie,” ” vertel Jacques dankbaar.

Dit is nie seker waar die brand begin het nie.

Dit is nog nie duidelik wat die oorsaak van die brand is of waar dit begin het nie maar die polisie se forensiese span is tans op die toneel om verder ondersoek in te stel.

 

Related Articles

Back to top button